Dinsdag 16 Maart 2010

Konings se handeling met vrou en volk, en die seëlring

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Ester 4 Vers 11: En Ester, die koningin , sê: Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: Hy moet gedood word. Behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie.
Ester 5 Vers 2; En toe die koning Ester, die koningin in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek.
Ester 8 Vers 8: Skryf julle maar, wat die Jode betref, en verseël dit met die seëlring van die koning; want ‘n geskrif, in die naam van die koning geskrywe en verseel met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: