GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 7 Vers 16: En jy sal al die volke verteer wat die Here jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ‘n strik wees.
Vers 17: As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe?
Vers 18: Wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die Here jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het.
Vers 19: So sal die Here jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
Vers 20: En die Here jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.
Vers 21: Skrik nie vir hulle nie, want die Here jou God is by jou, ‘n groot en gedugtige God.
Deut 31 Vers 6: Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
Vers 8: En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie, jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
Deut 32 Vers 30: Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat die Here hulle oorgelewer het nie?
Josua 10 Vers 11: En toe hulle voor Israel uit vlug, het die Here groot haelstene op hulle gewerp. Daar het meer gesterf deur die haelstene as deur die swaard van die kinders van Israel.
Josua 23 Vers 10: Een man uit julle het duisend agtervolg; want die Here julle God het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
Rigt 7 Vers 7: Toe sê die Here vir Gideon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee.
Vers 12: En die Midianiete en Amelakiete en al die kinders van die ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte.
Rigt 8 Vers 10: En die gesneuweldes was honderd - en - twintig - duisend man.
Rigt 3 Vers 1: En dit is die nasies wat die Here om Israel laat oorbly het.
Vers 2: Net dat die geslagte van Israel dit kan weet - om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie.
1 Sam 21 Vers 4: En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is net heilige brood. As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het. (Nie vir 2 dae by 'n vrou gekom het nie, die derde dag is jy rein.)
Vers 5: Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig.
11 Sam 5 Vers 24: En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die Here voor jou uitgetrek om die leër van die Fillistyne te verslaan.
Deut 24 Vers 5: As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie. Hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis, en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.
Deut 20 Vers 1: As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ‘n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die Here jou God is met jou.
Vers 2: En as julle na die geveg kom, moet die priester julle toespreek;
Vers 3: En hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel. Julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie; wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
Vers 4: Want dit is die Here julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
Vers 5: Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat ‘n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? hy kan teruggaan huistoe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie.
Vers 6: En wie is die man wat ‘n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? hy kan ook teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
Vers 7: En wie is die man wat hom met ‘n vrou verloof het en haar nie geneem het nie? hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
Vers 8: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.
Vers 9: As die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.
Vers 10: As jy naby ‘n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
Vers 11: En as dit jou ‘n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.
Vers 12: Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.
Vers 13: En die Here jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;
Vers 14: Net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is - die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyand eet wat die Here jou God jou gegee het.
Vers 15: So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is.
Vers 16: Maar van die stede van hierdie volke wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
Vers 17: Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: Die Hetiete en Amoriete, die Kanaaniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die Here jou God jou beveel het. (Swart volke.)
Vers 19: As jy ‘n stad baie lank beleër en oorlog daarteen voer, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom?
Vers 20: Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, die mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, ‘n skans bou totdat dit val.
Num 10 Vers 8: Die priesters moet op die silwer trompette blaas; en die trompette moet vir julle ‘n ewige insetting wees in julle geslagte.
Vers 9: En as julle in oorlog kom, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die Aangesig van die Here julle God, en julle sal van julle vyande verlos word.
Heb 13 Vers 6: Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking