GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 22 Vers 22: As ‘n man betrap word terwyl hy met ‘n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe.
Vers 23: As ‘n dogter, ‘n jongmeisie, aan ‘n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
Vers 24: Dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het.
Vers 25: Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man alleen sterwe;
Vers 26: Maar aan die dogter moet jy niks doen nie: Daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie. Want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
Vers 27: Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
Vers 28: As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,
Vers 29: Dan moet die man wat met die meisie gemeenskap gehad het, die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot so lank as hy lewe nie.
Vers 30: ‘n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking