GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Num 11 vers 1: En die volk het hulle voor die ore van die Here beklaag dat dit sleg gaan. En toe die Here dit hoor, het Sy toorn ontvlam, en die vuur van die Here het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
Vers 2: Toe het die volk na Moses geroep, en hy het tot die Here gebid; En die vuur het doodgegaan.
Vers 3: Daarom het hulle die plek Tabera genoem, omdat die vuur van die Here onder hulle gebrand het.
Num 11 vers 4: En die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
Vers 5: Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.
Vers 6: Maar nou is ons siel dor; Daar is glad niks nie: Net die manna is voor ons oë.
Vers 33: Die vleis van die kwartels was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die Here alreeds teen die volk ontvlam het, en die Here het onder die volk ‘n baie groot slagting teweeggebring.
Num 12 vers 1: En Mirjam en Aaron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou (Swartvrou) wat hy geneem het; Want hy het ‘n Kusitiese vrou geneem.
Vers 2: En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die Here het dit gehoor.
Vers 4: Toe het die Here dadelik met Moses en Aaron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms!
Vers 5: En die Here het in ‘n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aaron en Mirjam geroep, en hulle het uitgekom.
Vers 6: Toe sê Hy: Hoor tog My woorde: As julle ‘n profeet van die Here is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.
Vers 8: Maar met Moses spreek Ek mond tot mond. Waarom het julle dan nie gevrees om teen My kneg, teen Moses, te spreek nie?
Vers 10: En die toorn van die Here het teen hulle ontvlam, en toe die wolk van die tent af wegtrek, was Mirjam melaats, soos sneeu.
Vers 11: Daarop sê Aaron vir Moses: Lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
Vers 12: Laat sy tog nie wees soos ‘n dooie van wie se vlees, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
Vers 13: En Moses het die Here aangeroep en gesê: O God, maak haar tog gesond!
Vers 14: Toe sê die Here vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.
Num 14 vers 2: En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aaron, en gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
Vers 3: En Waarom bring die Here ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en kinders sal buit word. Sal dit nie vir ons beter wees om na Egipte terug te gaan nie?
Vers 6: En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefunne, het die hele vergadering toegespreek en gesê:
Vers 9: Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want die Here is met ons!
Vers 10: Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moes word. Maar die Heerlikheid van die Here het in die tent van samekoms verskyn.
Vers 11: Daarop het die Here aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
Vers 23: Toe sê die Here: Al die manne wat My heerlikheid en My tekens gesien het, en My nou al tien maal versoek het en na My stem nie geluister het nie, hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ‘n eed beloof het nie.
Vers 29: Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het, behalwe Kaleb en Josua.
Vers 33: En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.
Vers 37: En die manne wat ‘n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur ‘n plaag voor die aangesig van die Here.
Num 16 vers 1: En Korag, Datan en Abiram het manne geneem,
Vers 2: En hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man, en gesê die Here is in hulle midde, en hulle wil die priesteramp beklee.
Vers 13: En gesê: Is dit nie genoeg dat jy ons uit die land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
Vers 14: Ook het jy ons nie gebring in die land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie.
Vers 16: Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die Aangesig van die Here is, jy en hulle en Aaron.
Vers 17: En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die Aangesig van die Here elkeen sy vuurpan, twee-honderd-en-vyftig vuurpanne, ook jy en Aaron, elkeen sy vuurpan.
Vers 18: Toe het hulle so gedoen, en gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aaron.
Vers 19: En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent. Toe verskyn die Heerlikheid van die Here aan die vergadering.
Vers 20: En die Here het met Moses en Aaron gespreek en gesê: Skei julle af van hierdie vergadering, en ek sal hulle in ‘n oomblik verteer.
Vers 22: Maar Moses en Aaron het op hul gesigte geval en gesê: O God, o God van die Geeste van alle vlees! Sal een man sondig, en u op die hele vergadering toornig word?
Vers 24: En die Here sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abiram!
Vers 25: Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abiram gegaan, saam met die oudstes van Israel.
Vers 26: Toe sê hy: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.
Vers 27: Maar Datan en Abiram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.
Vers 28: Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die Here my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie.
Vers 29: As hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die Here my nie gestuur nie.
Vers 30: Maar as die Here iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die Here verag het.
Vers 31: En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,
Vers 32: En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het, en al die goed.
Vers 33: So het hulle dan, met alles wat hulle s ‘n was, lewendig na die doderyk afgedaal; En die aarde het hulle oordek.
Vers 35: Toe het ‘n vuur van die Here uitgegaan en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.
Num 26 vers 11: Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.
Num 16 vers 41: Maar die volgende dag het die hele vergadering teen Moses en Aaron gemurmureer en gesê: Julle het die volk van die Here gedood.
Vers 44: Toe sê die Here vir hulle: Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in ‘n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig.
Vers 46: En Moses sê vir Aaron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle, want die plaag het begin!
Vers 47: Aaron doen toe soos Moses beveel het, en hardloop onder die mense in. En kyk, die plaag het al onder die mense begin.
Vers 48: En terwyl hy tussen die lewendes en die dooies staan, het die plaag opgehou.
Vers 49: En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.
Num 21 vers 5: En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het u ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.
Vers 6: Toe stuur die Here giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het, en baie mense uit Israel het gesterwe.
Num 25 vers 1: Toe Israel in Sittim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete.
Vers 2: Hulle het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; En die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.
Vers 3: So het Israel hom dan gekoppel aan Baal-peor, en die toorn van die Here het ontvlam.
Vers 4: Toe sê die Here vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son.
Vers 5: Daarop het Moses aan die rigters van Israel gesê: Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baal-peor gekoppel het.
Vers 6: En daar het ‘n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ‘n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.
Vers 7: Toe Pinehas, die seun van Eliasar, die seun van die priester Aaron, dit sien, het hy uit die vergadering opgestaan en ‘n spies in sy hand geneem.
Vers 8: En agter die man aangegaan in die tent, en hulle twee deurboor, die man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag opgehou.
Vers 9: En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintig duisend.
11 Sam 15 vers 10: En Absalom wou koning word oor Israel.
Vers 13: Toe boodskappers vir koning Dawid sê dat die hele Israel Absalom volg, (Absalom was Dawid se seun.)
Vers 14: Het Dawid en sy hele huis gevlug, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas.
Vers 30: En Dawid het die hoogte uitgeklim terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek. En hy het kaalvoet geloop.
11 Sam 16 vers 22: Toe Absalom in Jerusalem aankom, het hulle vir hom ‘n tent op die dak opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele Israel by die byvroue van sy vader ingegaan.
11 Sam 18 vers 8: En Dawid met sy manskappe het opgetrek teen Absalom.
Vers 9: En terwyl Absalom op ‘n muil ry, het sy hare verstrengel geraak in ‘n terpentynboom, en hy het aan sy hare bly hang.
Vers 14: En Joab het drie spiese in die hart van Absalom gesteek terwyl hy nog lewendig was aan die boom.
11 Sam 24 vers 1: En Dawid het die volk laat tel.
Vers 10: En Dawid het daardeur gesondig.
Vers 12: En Gad, die profeet of siener van Dawid, kom by hom en sê: So sê die Here: Drie dinge lê Ek jou voor: Kies vir jou een daaruit, dat ek jou dit kan aandoen.
Vers 13: Wil jy dat daar sewe jaar hongersnood in jou land kom, of drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit, of moet daar drie dae pes wees in jou land?
Vers 15: En daar het ‘n pes onder die volk gekom, en sewintigduisend man het gesterwe.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com )
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking