GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 13 Vers 1: Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel.
Vers 2: Sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
Vers 5: Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
Vers 6: Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
Vers 7; Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is; belasting, tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
Vers 8; Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
Vers 9: Want die tien gebooie word in hierdie enkele woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Slegs jou naaste! Sien "Wie is jou naaste" in inhoud.)
Matt 22 Vers 21: Daarop sê Jesus vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
Jer 30 Vers 21: En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser sal uit hom voortkom. (Nie uit ‘n ander nasie nie!)
1 Pet 2 Vers 13: Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here - of dit die koning is as opperheer,
Vers 14: Of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
Vers 15: Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring.
Spr 3 Vers 16: Deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.
Exo 22 Vers 28: Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
Deut 19 Vers 14: Jou naaste se grerislyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe mag jy nie verlê nie.
Deut 28 Vers 1: As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
Vers 2: En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
Vers 12: Die Here sal Sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak, om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën. En jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
Deut 28 Vers 45: En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om Sy gebooie en Sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie.
Vers 47: Omdat jy die Here jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie.
Vers 48: Sal jy jou vyand, wat die Here teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en Hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat Hy jou verdelg het.
Vers 62: En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre aan die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God nie.
Vers 63: En soos die Here oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die Here oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Efe 6 Vers 11: Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Vers 12: Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking