Woensdag 17 Maart 2010

Gaan grond goud en silwer nog iets werd wees na Jesus se wederkoms?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 7 Vers 21: En in die dag sal ‘n man ‘n jong koei en ‘n paar skape in die lewe hou.
Vers 22: En weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
Vers 23: En in die dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
Vers 24: Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
Vers 25: En al die berge wat met die pik bewerk is - daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.
Eseg 7 Vers 19: Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hulle silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die griminigheid van die Here nie; hul siel sal hul daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hul ongeregtigheid.
Jes 5 Vers 9: In my ore het die Here van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal ‘n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.
Jes 6 Vers 11: Toe sê ek: Hoe lank Here? en Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis.
Vers 12: En die Here die mense verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
Vers 13: En as nog ‘n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom - as hulle omgekap word - ‘n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
Psalm 37 Vers 10: En nog ‘n klein rukkie, en die goddelose sal daar nie meer wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Vers 11: Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Hos 3 Vers 15: Dan sal ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal ten gronde gaan, en baie huise sal verdwyn.
Jes 32 Vers 14: Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die heuwel en die wagtoring dien as spelonke vir ewig, ‘n vreugde vir die wilde esels, ‘n weiveld vir die troppe vee.
Jer 4 Vers 26: Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here, voor Sy toorngloed.
Vers 27: Want so sê die Here: Die hele land sal ‘n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
Vers 28: Hieroor sal die aarde treur, en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het, en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.
Jer 6 Vers 12: En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal My hand uitsteek teen die inwoners van die land, spreek die Here.
Jes 2 Vers 20: In die dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise.
Jes 10 Vers 3: Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
Jes 13 Vers 9: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Jes 13 Vers 12: Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
Jes 24 Vers 1: Kyk, die Here maak die aarde woes en leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
Vers 2: Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
Vers 3: Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die Here het hierdie woord gespreek.
Vers 4: Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. (Van dors)
Jes 24 Vers 5: Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insettinge geskend, die ewige verbond verbreek.
Vers 6: Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Vers 7: Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Vers 8: Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op. Weg is die vreugde van die siter.
Jes 24 Vers 9: Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Jes 24 Vers 10: Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Jes 24 Vers 11: Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.
Vers 12: Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan.
Vers 13: Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na - oes as die druiwe oes verby is.
Jes 27 Vers 10: Want die versterkte stad is eensaam, ‘n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: