Woensdag 17 Maart 2010

Die Altaar

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 20 Vers 24: ‘n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste offer. Op elke plek waar Ek My Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.
Vers 25: Maar as jy vir My ‘n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
Vers 26: Jy mag ook nie met trappe na My a1taar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.
Num 16 Vers 37: Sê aan die priester Eleasar, die seun van die priester Aaron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig.
Vers 38: Naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ‘n oortreksel vir die Altaar. Want hulle het dit voor die Aangesig van die Here gebring. Daarom is dit heilig. En dit sal vir die kinders van Israel ‘n teken wees.
Vers 39: Eleasar het toe die koper vuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan vir ‘n oortreksel vir die Altaar.
Vers 40: ‘n Aandenking vir die kinders van Israel, sodat ‘n onbevoegde, wat nie uit die nageslag van Aaron is nie, nie sal naderkom om reukwerk voor die Aangesig van die Here aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie.
Josua 8 Vers 31: ‘n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie. En daarop het hulle aan die Here brandoffers gebring en dankoffers geslag.
Deut 16 Vers 21: Jy mag vir jou nie ‘n heilige boomstam, enige boom, plant langs die Altaar van die Here jou God wat jy vir jou sal maak nie.
Vers 22: Ook mag jy vir jou geen klippilaar, wat die Here jou God haat, oprig nie.
Deut 17 Vers 1: Jy mag geen offerhande bring waaraan ‘n liggaamsgebrek is nie. Dit is vir die Here n gruwel.
Lev 21 Vers 16: Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
Vers 17: Spreek met Aaron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
Vers 18: Want niemand, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ‘n Blinde, of ‘n lamme, of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ‘n liggaamsdeel te lank is,
Vers 19: Of iemand wat ‘n been of ‘n arm gebreek het,
Vers 20: Of wat ‘n boggel het, of wat uitgeteer is of ‘n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ‘n gebreklike skaamdeel het. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: