GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 1 Vers 18: Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk.
Vers 19: Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle openbaar.
Vers 20: Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en Goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Rom 1 Vers 21: Omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hulle oorlegginge, en hul verstandige hart is verduister.
Vers 24: Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer.
Vers 26: Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is.
Vers 27: En net so ook het die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: Manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
Vers 28; En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
Vers 29: Hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug, vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
Vers 30: Nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
Vers 3 1: Onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
Vers 32: Mense wat, al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien, die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hul goedkeuring skenk aan die wat dit doen. Deut 4 Vers 6: Onderhou dit dan en doen dit. Want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en së: Waarlik, hierdie groot nasie is ‘n wyse en verstandige volk.
Vers 7: Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
Vers 8: En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat Ek julle vandag voorhou?
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking