GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Josua 7 vers 1: Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed, want Agan, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem.
Vers 5: En die manne van Ai het uit hulle omtrent ses-en-dertig man doodgeslaan.
Vers 12: Toe sê die Here: Ek sal nie meer met julle wees nie tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.
Vers 14: Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme, en die stam wat die Here deur die lot aanwys, moet aankom volgens sy geslagte; en die geslag wat die Here aanwys, moet kom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die Here aanwys, moet kom, man vir man.
Vers 15: En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort.
Vers 18: Agan is toe aangewys.
Vers 19: Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die Here, die God van Israel, heerlik, en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.
Vers 21: Agan sê toe: Ek het een mooi mantel en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig geneem, en dit begrawe binne in my tent.
Vers 22: Hulle het dit toe daar gevind.
Vers 24: Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, Agan geneem met die silwer en die mantel en die goud, en sy seuns en sy dogters en sy beeste, esels, kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle na die dal Agor gebring.
Vers 25: Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle met vuur verbrand, en klippe op hulle gegooi
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking