Woensdag 17 Maart 2010

Kan ons alle profete en predikante glo?

Kan ons alle profete en predikante glo? valse profete

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Luk 6 Vers 26: Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want julle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
1 Kon 22 Vers 6: Toe laat Agab, die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vierhonderd man. En hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gillead trek om te veg, of dit laat staan? en hulle antwoord: Trek op, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.
Vers 7: Maar Josafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die Here, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
Vers 8: En die koning antwoord: Ddaar is nog een man, Miga.
Vers 9: Hy laat haal toe vir Miga.
Vers 11: Intussen het Sedekia, die profeet, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die Here: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
Vers 12: En al die profete het saamgestem.
Vers 14: Maar Miga sê: Sowaar as die Here leef, voorwaar, wat die Here vir my sê, dit sal ek spreek!
Vers 17: Daarop antwoord hy die koning: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. (maw die koning sal dood wees) En die Here het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na hul huis.
1 Kon 22 Vers 19: Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die Here: Ek het die Here sien sit op Sy troon terwyl al die hemelse leërskare by hom staan, aan Sy regter, en aan Sy linkerhand.
Vers 20: En die Here het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gillead? en die een het so gesê, en die ander weer so.
Vers 21: Toe kom die Gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die Here staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die Here vra hom: Waarmee?
Vers 22: En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En die Here sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
Vers 23: En nou, kyk, die Here het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die Here het onheil oor u gespreek.
Vers 24: Daarop kom Sedekia nader en hy slaan Mfiga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die Here van my af weggegaan om met jou te spreek?
Vers 25: En Miga antwoord: Jy sal dit op dieselfde dag sien as jy van kamer tot kamer gaan om jou weg te steek. (Koning Agab en Josafat het toe opgetrek.)
Vers 34; Toe het ‘n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref.
Vers 35: En hy het gesterwe, en sy bloed van die wond het in die bak van die wa gevloei.
Vers 38: En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaria, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was) volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het.
Neh 6 Vers 12: Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat hulle hom gehuur het.
Jer 5 Vers 12: Hulle het die Here verloën en gesê: Dit is nie Hy nie, en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie.
Vers 13: En die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie.
Vers 30: ‘n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:
Vers 31: Die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en My volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?
Jer 14 Vers 13: Toe sê ek: Ag, Here Here, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle ‘n duursame vrede gee in hierdie plek.
Vers 14: En die Here het vir my gesê: Die profete profeteer vals in My Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
Vers 15: Daarom, so spreek die Here: Aangaande die profete wat profeteer in My Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie - die profete sal deur die swaard en hongersnood omkom.
Vers 16: En die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê vanweë die hongersnood en die swaard sonder dat iemand hulle begrawe; hulle, hulle vrouens en hul seuns en dogters. So sal Ek dan hulle boosheid oor hulle uitstort.
Jer 20 Vers 6: En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het.
Jer 23 Vers 16: So sê die Here van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie.
Vers 17: Hulle sê gedurig aan My veragters: Die Here het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie.
Jer 23 Vers 25: Ek het gehoor wat die profete sê, wat in My Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom! ek het gedroom!
Vers 26: Hoe lank nog? is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hul hart -
Vers 28: Die profeet by wie ‘n droom is, laat hom ‘n droom vertel; en by wie My woord is, laat hom My woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen?
Vers 30: Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat My woorde steel, die een van die ander.
Vers 3 1: Ek het dit teen die profete wat hulle eie tong gebruik en sê: Die Here spreek!
Jer 23 Vers 32: Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, en dit rond vertel en My volk verlei met hulle leuens en hul grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie.
Vers 33: As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die Here gelas? - dan moet jy vir hulle sê: Julle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die Here.
Vers 34: En wat betref die profeet of volk of priester wat sê: Die Here het gelas - oor die man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
Vers 35: So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en vir sy broer: Wat het die Here geantwoord? en wat het die Here gespreek?
Vers 36: Maar van: Die Here het gelas - mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: Dat julle verdraai die woorde van die Lewende God.
Vers 38: Maar as julle sê: Die Here het gelas - daarom, so spreek die Here: Omdat julle hierdie woord sê: Die Here het gelas - alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die Here het gelas nie.
Vers 39: Daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en jul vaders gegee het, van My Aangesig af wegwerp;
Jer 27 Vers 14: Luister nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel (swartmense) nie dien nie. Want hulle profeteer leuens vir julle.
Jer 28 Vers 8: Die profete wat daar voor my en jou gewees het, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.
Vers 9: Die profeet wat profeteer van vrede - as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het.
Vers 10: Daarop het die profeet Hananja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.
Vers 15: Toe sê Jeremia: Luister tog, Hananja! die Here het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou.
Vers 16: Daarom, so sê die Here: Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe.
Vers 17: En die profeet Hananja het in die jaar, in die sewende maand, gesterwe.
Jer 29 Vers 31: So sê die Here: Omdat Samaja vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,
Vers 32: Daarom, kyk, Ek doen besoeking oor Samaja, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie geslag woon nie; en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan My volk doen nie, want hy het teen die Here afval verkondig.
Klaagl 2 Vers 14: Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.
Miga 2 Vers 11: As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank - dan sou hy vir hierdie volk ‘n profeet wees.
Miga 3 Vers 5: So sê die Here aangaande die profete wat My volk verlei, wat as hulle kos kry, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog!
Sag 13 Vers 2: En in die dag, spreek die Here, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
Vers 3: En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.
Vers 4: En in die dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
Vers 5: Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is ‘n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.
Vers 6: En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
Matt 7 Vers 15: Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
Vers 16: Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.
Vers 18: ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Matt 9 Vers 34: Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
Matt 11 Vers 18: Want Johannes het gekom, en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel.
Vers 19: Die Seun van die mens het gekom - Hy eet en drink, en hulle sê: Daar is ‘n Mens wat ‘n vraat en wynsuiper is, ‘n vriend van die tollenaars en sondaars.
Matt 12 Vers 24: Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur beëlsebul, die owerste van die duiwels nie.
Vers 25: Maar Jesus sê vir hulle: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke huis of stad wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
Vers 26: En as die satan die satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?
Matt 13 Vers 24: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het.
Vers 25: Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
Vers 37: Hy wat die goeie saad saai is die Seun van die mens.
Vers 38: Die saailand is die wëreld; die goeie saad - dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die bose.
Vers 39: En die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel.
(Dit is satan wat hierdie dinge veroorsaak; bv: Party kerke glo in groot doop, ander in klein. Party drink wyn, ander koeldrank, ander druiwesap. Party glo Jesus het gekom, ander sê Hy moet nog kom. Sal u my glo as ek vir u sê daar is ‘n kerk in Israel wat glo Jesus moet nog kom, en Hy sal deur ‘n man gebore word, en daarom dra hulle wye broeke. Dis belaglik, maar elke kerk dink hy is reg. Daar is ook ‘n sekere geloof wat glo Jesus het al gekom, maar die manne in die gemeente groei "pony tails" want hulle glo, as Jesus weer kom, sal hulle aan hul hare opgetel word na die hemel. Ander weer glo ons lewe nou in die 1000 jarige vrederyk. (As dit vrede is wonder ek hoe lyk die teenoorgestelde!) Ander weer dat daar nie ‘n sewe jaar van verdrukking voor die deur is nie. Ander weer dat ons hemel toe sal gaan, en nie eers vir 'n 1000 jaar van vrede op die aarde sal wees nie. Ander glo weer dat die 666 beeldspraak is. So kan ek aangaan tot vervelens toe. DAAR IS NET EEN OPLOSSING - KYK WAT STAAN IN DIE BYBEL.)
Matt 15 Vers 12; Toe het hulle begryp dat Jesus nie gesê het dat hulle nie moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Saduseërs.
Matt 16 Vers 21: En Jesus het hulle geleer, en gesê dat Hy doodgemaak sou word, en op die derde dag weer sou opstaan.
Vers 22: En Petrus neem hom eenkant en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
Vers 23: Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, satan! jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense. (Petrus was ‘n dissipel!)
Matt 23 Vers 1: Toe het Jesus die skare en Sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
Vers 3: Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat, en doen nie.
Vers 5: En hul doen al hul werke om deur die mense gesien te word.
Vers 6: En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye, en die voorste banke in die sinagoges.
Vers 7: En die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, rabbi!
Vers 8: Maar julle, laat jul nie rabbi noem nie, want een is jul leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
Vers 13: Maar wee julle, skrifgeleerdes (Predikante!) en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Vers 14: Julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
Vers 15: Julle trek rond oor see en land, om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel.
Matt 26 Vers 14: Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskariot, na die owerpriesters.
Vers 15: En sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom (Jesus) aan u oorlewer? en hulle het vir hom dertig silwer stukke afgeweeg.
Vers 24: Die Seun van die mens gaan wel heen, soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
Vers 48: En Jesus se verraaier, Judas, het vir hulle ‘n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is hy. Gryp hom!
Vers 49: En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, rabbi! en hy het Hom gesoen.
Vers 51: En een van die wat saam met Jesus was, het sy swaard geneem en ‘n dienskneg van die hoëpriester se oor afgekap.
Vers 52: Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.
Matt 26 Vers 53: Of dink jy dat Ek nie nou My Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
Vers 54: Hoe sou die skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?
Matt 27 Vers 3: Daarna het Judas, Jesus se verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwer stukke teruggebring na die owerpriesters en ouderlinge.
Vers 4: En gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? jy kan toesien!
Matt 27 Vers 41: So het die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
Vers 42: Ander het Hy verlos, homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
Vers 44: En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
Joh 12 Vers 4: Toe sê een van Sy dissipels, Judas Iskariot, wat Hom sou verraai, vir hom:
Vers 5: Waarom is hierdie salf nie vir geld verkoop, en die geld aan die armes gegee nie?
Vers 6: En hy het dit gesê nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ‘n dief was en die beurs gedra het, en die bydraes vir homself geneem het.
Han 13 Vers 6: En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos, en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van BarJesus.
Vers 7: En die goewerneur het hulle laat roep om die woord te leer.
Vers 8: Maar die towenaar het hulle teëgestaan, en probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
Vers 10: Maar Paulus sê vir hom: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
Vers 11: En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie; en onmiddelik het hy blind geword.
Vers 12: En die goewerneur was verslae en het geglo.
11 Kor 11 Vers 13: Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
Vers 14: En geen wonder nie! want die satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
Vers 15: Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hul werke.
Fil 1 Vers 15: Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid.
11 Pet 2 Vers 1: Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leeraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën, en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring.
Vers 2: En baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
Vers 3: En uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. (Al die miljoenêr predikers) Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
Vers 4: Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word,
Vers 9: Die Here weet om godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word.
Vers 10: En veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie.
Vers 12: Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan.
Vers 13: En die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle is skandvlekke en smette.
Vers 14: Hulle is kinders van die vervloeking.
Vers 17: Vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
Vers 18: Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
11 Pet 2 Vers 19: Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
11 Pet 3 Vers 3: Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hul eie begeerlikhede wandel,
Vers 4: En sê: Waar is die belofte van Sy wederkoms? want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
Vers 8: Een dag by die Here is soos ‘n duisend jaar, en ‘n duisend jaar soos een dag.
Vers 9: Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy wil nie hê dat sommige van ons moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
Vers 10: Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag.
Jes 9 Vers 13: Daarom sny die Here Israel af, kop en stert, palmtak en biesie, op een dag.
Vers 14: Die oudste en aansienlike, die is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, die is die stert.
Vers 15: En die leiers van hierdie volk het verleiers geword. En die van hulle wat gelei word, is op ‘n dwaalweg gebring.
Matt 7 Vers 19: Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Vers 20: So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
Mark 12 Vers 40; Hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: