Dinsdag 16 Maart 2010

Israel en Juda - waarskuwing en straf

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 17 Vers 13: En die Here het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou My gebooie, My insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van My diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
Vers 14; maar hulle het nie geluister nie, en hul nek verhard soos die nek van hul vaders, wat nie op die Here vertrou het nie.
Vers 15: En hulle het Sy insettinge en Sy verbond verwerp en agter nietige gode aangeloop, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die Here hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
Vers 16: En vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak en ‘n heilige boomstam en gebuig voor die hele leër van die hemel en baal gedien.
11 Kon 17 Vers 17: En hul seuns en dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg.
Vers 18: So het die Here dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van Sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.
Vers 19: Selfs Juda het die gebooie van die Here hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.
11 Kon 17 Vers 20: Daarom het die Here die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van Sy aangesig weggewerp het. (Na Babel as ballinge - swartmense.)
Ma13 Vers 5: En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ‘n haastige getuie wees teen die towenaars en egbrekers en meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk, die vreemdeling wegstoot, en My nie vrees nie, sê die Here. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: