GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 25 Vers 5: As broers bymekaar woon, en een van hulle sterwe sonder dat hy ‘n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daar buite die vrou van ‘n vreemdeling word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit.
Vers 6: En die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
Vers 7: Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster in die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie.
Vers 8: Dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek: Bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie -
Vers 9: Dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek, en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
Vers 10: En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.
Vers 11: As manne met mekaar veg, en die een se vrou aankom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die skaamdele gryp,
Vers 12: Dan moet jy haar hand afkap; jou oog mag nie verskoon nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking