GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 24 Vers 6: Niemand mag die handmeul of boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand.
Vers 7: As iemand betrap word wat ‘n persoon uit sy broers steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet die dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Vers 8: Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levietiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
Vers 10: As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie.
Vers 11: Buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy gleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.
Vers 12: En as hy ‘n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie.
Vers 13: Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap, en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die Aangesig van God.
Vers 14: Jy mag ‘n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou vreemdelinge wat in jou land in jou poorte is, nie verdruk nie.
Vers 15: Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie - want hy is arm en sy siel verlang daarna - dat hy nie teen jou tot die Here roep en dit sonde in jou word nie.
Vers 16: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking