Woensdag 17 Maart 2010

Gog en Magog trek op teen Israel

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 38 Vers 2: Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom.
Vers 3: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog!
Vers 4: En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek, en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot menigte wat almal die swaard hanteer.
Vers 5: Perse, Kusiete en Puteërs saam met hulle.
Vers 6: Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die noorde, en al sy leërs - baie volke saam met jou.
Vers 7: Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ‘n leidsman.
Vers 8: Na baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur daar as puinhoop gelê het - ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
Vers 9: Dan sal jy optrek soos ‘n onweer wat aankom, jy sal wees soos ‘n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
Vers 11: En sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, en ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie. (Die land Israel, na die 1000 jaar van vrede.)
Vers 12: Om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen die volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.
Vers 14: Daarom, so sê die Here: Sal jy dit nie opmerk in die dag as My volk Israel veilig woon nie?
Vers 15: Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die noorde, jy en baie volke saam met jou, ‘n magtige leër.
Vers 16: En jy sal optrek teen My volk Israel soos ‘n wolk om dit te oordeel aan die einde van die dae sal dit wees (Einde van die 1000 jaar van vrede) - dan sal Ek jou teen My land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.
Vers 17: So sê die Here Here: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur My knegte, die profete van Israel, wat in die dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
Vers 18: Maar in die dag, die dag as Gog teen Israel aankom, sal My grimmigheid in My neus opkom.
Vers 19: Ja, in My ywer spreek Ek, in die vuur van My grimmigheid: Waarlik, in die dag sal daar ‘n groot aardbewing wees in die land van Israel.
Vers 20: Sodat van My Aangesig weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gediertes wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
Vers 2 1: En Ek sal die swaard oproep teen hom na al My berge, (al die christen nasies) spreek die Here. Die swaard van die een sal teen die ander wees.
Vers 22: En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
Vers 23: So sal Ek My dan as groot en as Heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: