GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Miga 3 Vers 11: Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die Here en sê: Is die Here nie in ons midde nie? geen onheil sal ons wedervaar nie!
Miga 3 Vers 12: Daarom sal Sion om julle ontwil soos ‘n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
Miga 7 Vers 2: Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.
Vers 3: Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, (belastings) en die regter vra betaling; (volgens die Bybel moet die priesters regters wees, en dit sonder vergoeding, want hulle kos en klere en blyplek en vervoer word verskaf met die tiendes wat ons moet gee, sodat die arme net soveel reg kan hê as die ryke) en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles.
Miga 7 Vers 4: Die beste van hulle is soos ‘n doringstruik, die mees opregte erger as ‘n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom.
Eseg 22 Vers 3: Stad wat daarbinne bloed vergiet, en drekgode teen homself maak, om homself te verontreinig,
Vers 4: Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword. Deur jou drekgode is jy verontreinig.
Vers 5: Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!
Vers 6: Die vorste van Israel was in jou, om bloed te vergiet.
Eseg 22 Vers 7: Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
Vers 8: My Heilige dinge het jy geminag en My sabbatte ontheilig.
Vers 9: Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet, en skandelike dinge in jou gedoen.
Eseg 22 Vers 10: Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.
Vers 11: Die een het ‘n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ‘n skandelike daad, en ‘n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.
Vers 12: Hulle het omkoopgeskenke aangeneem, rente en woeker geneem, en jou naaste te veel laat betaal, maar My het jy vergeet.
Vers 19: Daarom, omdat julle almal skuim geword het, sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.
Vers 20: So sal Ek julle bymekaarmaak in My toorn en in My grimmigheid en julle ingooi en smelt.
Vers 21: Ek sal julle versamel en met die vuur van My grimmigheid teen julle blaas, dat julle daarin gesmelt kan word.
Vers 26: Sy priesters verkrag My wet en ontheilig My Heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen rein en onrein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir My sabbatte;
Vers 28: En sy profete deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here - terwyl die Here nie gespreek het nie.
Hos 5 Vers 15: Dan gaan Ek heen, Ek keer na My woonplek terug, totdat hulle skuld beken en My Aangesig soek. In hulle nood sal hulle My Aangesig soek.
Hos 6 Vers 1: Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
Vers 2: Hy sal ons na twee dae ('n dag is soos 'n duisend jaar en 'n duisend jaar soos 'n dag, dus Jesus kom enige oomblik na die jaar 2000)lewend maak, op die derde dag (Die duisend jaar van vrede) ons laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig kan lewe.
Sefanja 3 Vers 3: Sy vorste binne-in hom is brullende leeus, sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie. (Drink tot als op is.)
Vers 4: Sy profete is ligsinnige, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
Vers 6: Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie, hulle stede is verniel, sodat daar geen inwoner meer is nie.
Vers 7: Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! dan sou sy (Jerusalem) nie uitgeroei word nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bedrywe.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking