Woensdag 17 Maart 2010

Die profeet Daniël

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 1 Vers 1: En koning Nebukadnesar, die koning van Babel, het Jerusalem ingeneem en die mense in ballingskap na Babel gebring, saam met ‘n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God.
Vers 7: En Daniël (van Israel se mense) het die koning gedien, en die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Beltsasar genoem, Hananja Sadrag, Misael Mesag, en Asarja Abednego.
Vers 8: En Daniël het die owerste gevra om hom nie te verontreinig met die spys en die wyn van die koning nie.
Vers 10: En die owerste sê vir Daniël: Ek vrees Nebukadnesar, wat julle voedsel en jul drank vasgestel het, want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as die van jong seuns van dieselfde ouderdom, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?
Vers 12: Daarop sê Daniël: Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink.
Vers 13: Laat daarna ons voorkoms met die wat die voedsel van die koning eet vergelyk, en handel dan soos u bevinding mag wees.
Vers 15: En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning eet.
Vers 16: So is die koning se spys toe van hulle weggeneem, en het hulle net groente geëet.
Vers 20: En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koningkryk tien maal oortref het.
Dan 2 Vers 1: En koning Nebukadnesar het ‘n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het.
Vers 4: Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek: Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
Vers 5: Toe sê die koning: Die saak staan by my vas: As julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.
Vers 6: Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang.
Vers 11: Maar hulle sê: Daar is niemand wat dit die koning te kenne kan gee behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.
Vers 12: Hieroor het die koning baie kwaad geword en bevel gegee dat al die wyse manne van Babel omgebring moet word.
Vers 13: Hulle het ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.
Vers 16: Daarop het Daniël na die koning ingegaan en versoek dat die koning hom tyd moes gee vir die uitlegging.
Vers 17: Toe gaan Daniël na sy huis en maak dit bekend aan sy metgeselle.
Vers 18: En dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat Daniël en sy metgeselle nie saam met die wyse manne omgebring word nie.
Dan 2 Vers 19: Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël openbaar.
Vers 24: Daarop sê Daniël aan Ariog, vir wie die koning aangestel het om die wyse manne dood te maak, om hulle nie om te bring nie, maar hom voor die koning te bring.
Dan 2 Vers 28: Toe sê Daniël aan die koning: Daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en hy het aan koning Nebukadnesar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.
Vers 31: U o koning, het ‘n gesig gehad - kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.
Vers 32: Sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,
Vers 33: Sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.
Vers 34: U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losgeraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.
Vers 35: Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die silwer, die koper en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.
Vers 36: Dit is die droom. Hier volg die uitlegging.
Vers 37: U o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,
Vers 38: En in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het - u is die hoof van goud.
Vers 39: En na u sal daar ‘n ander koningkryk opstaan, geringer as die van u; (silwer) daarna ‘n ander, ‘n derde koningkryk, van koper, wat oor die hele wêreld sal heers;
Vers 40: En die vierde koningkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.
Vers 41: En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was - dit sal ‘n verdeelde koningkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. (Vermenging van blank en nieblank.)
Vers 42: En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is, ‘n gedeelte van die koningkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.
Vers 43: Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het - hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aan mekaar vasklewe nie (sal nie met mekaar kan saamleef nie) net soos yster nie met klei meng nie.
Vers 44: Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel ‘n koningkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, (dit is in ons leeftyd! word wakker!) maar self sal dit vir ewig bestaan (Jesus se Koningkryk)
Vers 45: Net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.
Vers 46: Toe het koning Nebukadnesar op sy aangesig geval en Daniël aanbid.
Vers 47: En gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die openbaarder van geheime.
Vers 48: Toe het die koning Daniël aangestel as heerser oor die provinsie Babel en hoofowerste oor die wyse manne.
Vers 49: En op versoek van Daniël het die koning Sadrag, Mesag en Abednego aangestel oor die bestuur van die provinsie Babel, maar Daniël was in die paleis van die koning. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: