GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Pred 2 Vers 18: En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan ‘n mens wat na my sal kom.
Vers 19: En wie weet of hy ‘n wyse sal wees of ‘n dwaas? tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.
Vers 21: Want daar is ‘n mens wat hom met wysheid en kennis en bekwaamheid vermoei het, tog moet hy dit as deel oorgee aan ‘n mens wat daaraan geen moeite bestee het nie. Ook dit is tevergeefs en ‘n groot euwel. (Hy was ‘n koning.)
Vers 22: Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?
Vers 23; Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs.
Jes 65 Vers 9: En Ek sal ‘n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die Erfbesitter van My berge; en My uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en My knegte sal daar woon.
Lev 25 Vers 46: En julle mag die slawe aan julle kinders na julle nalaat as ‘n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander - oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
Spr 17 Vers 2: ‘n Verstandige dienaar sal heers oor ‘n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel. (Hom onterf.)
Num 18 Vers 20: Ook het die Here vir Aaron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
Vers 21: En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes van Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
Num 27 Vers 7: Die dogters van Selofhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik ‘n erflike besitting gee, en die erfdeel van hul vader op hulle laat oorgaan.
Vers 8: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.
Vers 9: En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee.
Vers 10: En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy vader se broers gee.
Num 27 Vers 11: En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag.
Deut 21 Vers 15: As ‘n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou,
Vers 16: Dan mag hy, op die dag dat hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie geliefde vrou, die eersgeborene, nie.
Vers 17: Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ‘n dubbel deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: Die eersgeboortereg is syne.
1 Kron 5 Vers 1: En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel - want hy was die eersgeborene - maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie.
Deut 10 Vers 9: Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking