Dinsdag 16 Maart 2010

Belofte van genadige verlossing in geval van berou

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 30 Vers 1: En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat Ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het,
Vers 2: En jy jou tot die Here jou God bekeer en na Sy stem luister net soos Ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
Vers 3: Dan sal die Here jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen Hy jou verstrooi het.
Deut 30 Vers 4: Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Here jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
Vers 5: En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen, en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.
Vers 6: En die Here sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.
Vers 7: En die Here sal al hierdie vloeke op jou vyande en haters lê wat jou vervolg het.
Vers 8: Maar jy sal weer na die stem van die Here luister en al Sy gebooie doen wat Ek jou vandag beveel.
Vers 9: En die Here sal die goeie oorvloedig aan jou gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en jou vee en die vrugte van jou land; want die Here sal weer ten goede oor jou bly wees soos Hy bly was oor jou vaders.
Deut 30 Vers 10: As jy na die stem van die Here jou God luister om Sy gebooie en Sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. Vers 11: Want hierdie gebod wat Ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie, en is nie ver nie.
Vers 12: Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 13: Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal, en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 14: Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Vers 15: Kyk, Ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Vers 19: Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het Ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Vers 20: Deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. Sodat jy kan lewe in die land wat die Here jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: