GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 1 Vers 2: En koning Ahasia het deur die tralievenster van sy bo-kamer geval, en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg baal-sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
Vers 3: Maar die engel van die Here het aan Elia gesê: Maak jou klaar en gaan op, die boodskappers van die koning tegemoet, en sê: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om baal-sebub te raadpleeg?
Vers 4: Daarom, van die bed waarop jy geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sterwe.
Vers 9: En koning Ahasia het vyftig man na Elia gestuur, en die owerste oor vyftig spreek met Elia terwyl hy op die berg sit: Man van God, die koning spreek: Kom af!
Vers 10: Elia sê toe: As ek ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer. En daar het vuur van die hemel neergedaal en die vyftig saam met hom verteer.
Vers 11; En hy het weer vyftig gestuur, en dieselfde het gebeur.
Vers 13: En hy het weer vyftig gestuur, maar die owerste het voor Elia op sy knië gebuig en hom gesmeek: Man van God, spaar tog ons lewe!
Vers 15: Toe sê die engel van die Here vir Elia: Wees nie bevrees nie, gaan saam met hom na die koning.
11 Kon 1 Vers 16: Toe spreek Elia met koning Ahasia: So sê die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om baal-sebub, die god van Ekron, te raadpleeg, sal jy sekerlik sterwe.
Vers 17: En hy het gesterwe.
11 Kon 2 Vers 1: En toe die Here Elia in ‘n storm na die hemel sou opneem, het Elia met Elisa uit Gilgal uitgegaan.
Vers 3: Toe vra die profete seuns van Bet-el of Elisa weet dat Elia vandag van hom af weggeneem sal word, en hy antwoord ja.
Vers 5: Daarop kom die profete seuns van Jerigo, en vra dieselfde.
Vers 7: En vyftig van die profeteseuns het vir Elia en Elisa gevolg na die Jordaan.
Vers 8: Toe neem Elia sy mantel en rol dit op en slaan op die water, en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle op droë grond deurgegaan het.
Vers 9: Toe vra Elia vir Elisa: Begeer wat ek vir jou moet doen, en Elisa sê: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u Gees op my kom.
Vers 10; Toe sê Elia: Jy het ‘n harde saak begeer, maar as jy sien hoe ek opgeneem word in die hemel, laat dit dan so wees, anders nie.
11 Kon 2 Vers 11: En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elia het in die storm na die hemel opgevaar.
Vers 13: Toe tel Elisa die mantel van Elia op en gaan op die wal van die Jordaan staan.
Vers 14: En neem die mantel en slaan op die water en sê: Waar is die Here, die God van Elia, ja, Hy? en toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elisa het deurgegaan.
Vers 19: En die manne van Jerigo het aan Elisa gesê: Die water is sleg en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.
Vers 20: Elisa sê toe: Bring vir my ‘n nuwe skottel en gooi daar sout in.
Vers 21: Daarop gaan hy na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die Here: Ek het die water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
Vers 22: En die water het gesond geword.
Vers 23: En hy het opgegaan na Bet-el. En terwy1 hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en sê: Gaan op, kaalkop! gaan op, kaalkop!
Vers 24; Toe het Elisa hulle gevloek in die Naam van die Here, en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.
11 Kon 3 Vers 9: En daar was geen water vir die leërs van Israel nie.
Vers 11: En koning Josafat sê: Is hier nie ‘n profeet van die Here nie? en hulle het toe, aldrie konings, na Elisa afgegaan.
Vers 15: Elisa sê toe: Bring vir my ‘n siterspeler. En toe hy speel, het die hand van die Here op hom gekom.
Vers 16: En hy sê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate. Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word..
Vers 18: Die Here sal ook die Moabiete in jul hand oorgee.
Vers 20: En die volgende môre kom daar water van die kant van Edom af, en die land het vol water geword.
11 Kon 4 Vers 1: En ‘n vrou uit die priester seuns vra vir Elisa: My man is dood, en die skuldeiser het gekom om my twee kinders as slawe te neem vir hom.
Vers 2: Elisa vra: Wat het jy in die huis? en sy sê: ‘n Flessie met olie.
Vers 3: Elisa sê toe: Gaan heen, en leen vir jou leë kanne van jou bure. Leen nie te min nie. Sluit dan die deur agter jou, en giet in al daardie kanne van die olie in die flessie, en sit weg wat vol is. Verkoop dan die olie en betaal jou skuld. Van die orige kan jy en jou seuns lewe, en dit het so gebeur. Die olie het eers opgeraak toe al die kanne vol was.
11 Kon 4 Vers 14: En op ‘n ander keer, toe ‘n vermoeënde vrou vir Elisa ‘n kamertjie gebou het, en sy was treurig. Toe vra Elisa: Wat kan ek vir jou doen? en sy sê: Voorwaar, ek het geen seun nie, en my man is oud.
Vers 16: Hy sê toe vir haar: Voorwaar, oor ‘n jaar sal jy ‘n seun hê.
Vers 17: En die vrou het swanger geword.
Vers 18: Maar toe die seun groot was, het hy by sy vader gekom en gesê: My kop, my kop! en die seun het gesterwe. Sy moeder dra hom toe op na die bo-kamer, en laat Elisa roep.
Vers 29: En Elisa sê vir Gehasi, sy dienskneg: Neem my staf in jou hand en as jy iemand teëkom, groet hom nie. En as iemand jou groet, groet hom nie; en lê my staf op die gesig van die seun.
Vers 31: Gehasi het so gemaak, maar daar het niks gebeur nie.
Vers 33: Daarop het Elisa in die kamer ingegaan, en die deur agter hom gesluit, en tot God gebid.
Vers 34: Daarna het hy op die kind gaan lê en sit sy mond op die se mond, en sy oë op die se oë, en sy hande op die se hande, en buig oor hom neer; en die vlees van die kind het warm geword.
Vers 35: En nadat hy een keer deur die huis geloop het, het hy dit weer gedoen, en die kind het sewe maal genies, en sy oë oopgemaak.
11 Kon 4 Vers 37: Toe hy in Gilgal kom, was daar ‘n hongersnood in die land. Hy sê toe aan sy dienaar: Sit ‘n groot pot op en maak ‘n kooksel klaar vir die profete-seuns.
Vers 39: Een gaan toe uit in die veld om groente bymekaar te maak, en per ongeluk het hy gifplante bygegooi.
Vers 40: Hulle skree toe: Man van God, die dood is in die pot!
Vers 41: Hy sê toe: Gaan haal vir my meel. Hy gooi dit toe in die pot en sê: Skep vir die mense op, dat hulle kan eet. En daar was niks verkeerd nie.
11 Kon 4 Vers 42: En ‘n man het vir Elisa twintig garsbrode en vars graan in sy mandjie gebring. En Elisa sê: Gee vir die mense dat hulle kan eet.
Vers 43: En sy dienaar sê: Hoe kan ek dit aan honderd man voorsit? en Elisa sê: Hulle sal eet en oorhou. En dit het so gebeur.
11 Kon 5 Vers 8: En Naaman, die leerowerste van Aram, was melaats, en Elisa sê: Laat hy na my kom.
Vers 10: Toe Naaman aankom, stuur Elisa ‘n boodskapper om hom mee te deel: Was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jou vlees na jou terugkeer, en jy sal gesond wees. En dit was so.
Vers 15: Toe draai hy om na Elisa, en kom by hom in en sê: Nou weet ek dat daar net een God is. Neem asb ‘n geskenk van my aan, maar Elisa het geweier.
Vers 20: Toe dink Gehasi, Elisa se dienaar: Ek gaan agter hom aan, en sal die geskenk aanneem. Toe neem hy twee talente en twee pakke klere, en sê dat Elisa van besluit verander het.
Vers 25: Toe Gehasi terugkom by Elisa, vra Elisa vir hom: Waar was jy? en hy antwoord: Nêrens nie.
11 Kon 5 Vers 26: Maar Elisa sê vir hom: Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?
11 Kon 5 Vers 27: Daarom sal die melaatsheid van Naaman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan, melaats soos sneeu.
11 Kon 6 Vers 1; En die profeteseuns het Elisa gevra om saam met hulle te gaan na die Jordaan, om elkeen ‘n balk saam te bring.
Vers 5: Terwyl een die balk kap, val die yster in die water. En hy roep uit: Ag, my heer! en dit is nogal geleen!
Vers 6: En Elisa antwoord hom: Waar het dit geval? en hy het ‘n stok gesny en dit daarheen gegooi, en die yster het bo gedrywe, en hy het dit uitgehaal.
11 Kon 6 Vers 9: Terwyl die koning van Israel veg teen die koning van Aram, het Elisa die koning laat weet: Trek nie daarheen af nie, want die Arameërs trek daarheen af.
Vers 10: En dit het ‘n paar maal gebeur.
Vers 11: Die koning van Aram word toe hieroor onrustig, en sê: Kan julle my te kenne gee wie van ons mense is vir die koning van Israel?
Vers 12: En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer, maar Elisa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.
Vers 14: So het hulle dan die nag gekom, en die stad omsingel waar Elisa was. Elisa se dienaar vra hom toe: Ag my heer, hoe sal ons maak? en Elisa antwoord: Vrees nie, want die wat by ons is, is meer as hulle.
Vers 17: En Elisa het tot die Here gebid en gesê: Open tog sy oë dat hy kan sien. En meteens kon die dienaar sien: Die berg was vol perde en waens van vuur rondom Elisa.
Vers 18: En nadat Elisa gebid het, het die Here almal met blindheid geslaan, en hulle na Samaria gelei. (Die Arameërs)
Vers 20: Toe hulle in Samaria is, bid Elisa weer om hulle te laat sien, en dit was so. Hulle was in Israel se hoofstad, omsingel deur Israeliete.
Vers 21: En die koning van Israel vra: Moet ek verslaan, my vader? maar Elisa sê: Sou u dan verslaan die wat as gevangenes weggevoer is? sit aan hulle brood en water voor, en laat hulle gaan. En die bendes van die Arameërs het verder nie in Israel gekom nie.
11 Kon 6 Vers 25: Daar was ‘n groot hongersnood in Samaria. So groot dat die mense hulle kinders opgeëet het.
11 Kon 7 Vers 1: Toe sê Elisa vir die koning: Môre dieselfde tyd sal ‘n maat fynmeel ‘n sikkel, en twee mate gars ‘n sikkel kos in die poort van Samaria.
Vers 2: Maar die koning se adjudant antwoord hom: AI maak die Here ook vensters in die hemel, sou dit kon gebeur? en Elisa sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
Vers 3: En daar was vier melaatse manne wat na die Arameërs se laer gegaan het. Toe hulle daar kom, was daar niemand. Die Here het hulle ‘n gedruis van perde en ‘n gedruis van waens laat hoor, en hulle het gevlug, en alles net so gelos.
Vers 9: Hulle stel toe die koning in kennis, en die hele volk het uitgetrek en die laer geplunder, en baie kos gekry.
Vers 17: Maar die skare het die adjudant in die poort vertrap, sodat hy gesterwe het volgens die woord van Elisa. En ‘n maat fynmeel het ‘n sikkel gekos en twee mate gars ‘n sikkel.
11 Kon 8 Vers 1: En Elisa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar, daar gaan ‘n hongersnood in die land wees vir sewe jaar. Vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef. En sy het sewe jaar vertoef in die land van die Fillistyne, en toe teruggekom, en die koning het haar grond aan haar teruggegee, plus die opbrings van die grond vir die tydperk.
11 Kon 8 Vers 7: En Elisa het in Damaskus aangekom terwyl die koning, Benhadad, siek was.
Vers 8: Toe sê die koning vir Hasael: Neem ‘n geskenk en vra vir Elisa: Sal ek gesond word?
Vers 9: Hasael het toe allerhande kosbare goed geneem, ‘n vrag vir veertig kamele, en voor Elisa gaan staan, en gevra.
Vers 10: Elisa sê toe: Die Here het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.
Vers 11: En die man van God het geween.
Vers 12: Toe vra Hasael: Waarom ween u? en Elisa antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny. Die Here het my jou laat sien as koning oor Aram.
11 Kon 8 Vers 15: Toe Hasael by koning Benhadad kom, het hy gejok en gesê: Elisa het gesê: U sal gesond word. Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in water gesteek en dit oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het.
11 Kon 13 Vers 14; Toe Elisa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel afgekom na hom toe.
Vers 15: En Elisa sê vir hom: Neem ‘n boog en pyle, en sit jou hand aan die boog. Elisa sit toe sy eie hande op die hande van die koning.
Vers 17: Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe, en skiet! en Elisa sê: Dit is ‘n pyl van oorwinning op Aram. Jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek. Verder sê hy: Neem die pyle en slaan op die grond. En die koning het drie maal geslaan.
Vers 19: Daarop word die man van God baie kwaad en sê: Jy moes vyf of ses keer geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het, maar nou sal jy hulle slegs drie maal verslaan.
11 Kon 13 Vers 20; En Elisa het gesterwe en hulle het hom begrawe.
Vers 21: En terwyl hulle besig was om ‘n man te begrawe, sien hulle meteens ‘n bende Arameërs, en hulle gooi die man in Elisa se graf. Toe die man se liggaam in aanraking kom met Elisa se gebeente, het hy lewendig geword, en opgestaan op sy voete.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking