GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 20 Vers 1: In die dae het koning Hiskia dodelik siek geword. En Jesaja het by hom gekom en gesê: So spreek die Here: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
Vers 2: Toe draai hy sy gesig na die muur, en bid tot God.
Vers 5: Toe sê die Here vir Jesaja: Sê vir Hiskia: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opstaan. En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg, en ook hierdie stad beskut.
Vers 7; Verder sê Jesaja: Bring vir my ‘n vyekoek; en hulle het dit op die sweer gesit, en dit het gesond geword.
Vers 8: Hiskia het vir Jesaja gevra: Wat is die teken van God dat hy my wel gesond sal maak? en Jesaja vra: Moet die skaduwee op die uurmeter tien grade vooruitgaan, of agteruitgaan? en hy sê: Agteruit.
Vers 11: En Jesaja, die profeet, het die Here aangeroep, en Hy het die sonnewyser se skaduwee tien grade laat agteruitgaan.
11 Kon 20 Vers 12: Omdat Hiskia vir ‘n vreemde volk al sy skatte gewys het, kom die woord van Jesaja:
Vers 16: Hoor die woord van die Here: Kyk daar kom dae, dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word.
Vers 18: En uit jou seuns wat uit jou sal voorkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van Babel. (DANIEL, Sadrag Mesag en Abednego.)
Vers 19: Toe sê Hiskia vir Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees! (Dit is ons land se probleem ook vandag. Niemand is bekommerd oor die dag van môre nie.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking