GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Levit 26 Vers 1: Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ‘n gesnede beeld of ‘n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ‘n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie.
Vers 2: My sabbatte moet julle hou en My heiligdom ontsien.
Vers 3: As julle in My insettinge wandel en My gebooie hou en dit doen,
Vers 4: Sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
Vers 5: En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.
Vers 6: Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
Vers 7: En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
Vers 8: Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg, en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
Vers 9: En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en My verbond sal Ek met julle bevestig.
Vers 10: Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.
Vers 11: En Ek sal My tabernakel onder julle oprig, en My Siel sal van julle geen afsku hê nie.
Vers 12: En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees.
Vers 14: Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie,
Vers 15: En as julle My insettinge verwerp, en as julle siel van My verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al My gebooie doen nie en My verbond verbreek,
Vers 16: Dan sal Ek dit ook aan julle doen; ek sal verskrikking oor julle beskik; die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.
Vers 17: En Ek sal My Aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
Vers 18: En as julle dan nog nie na My luister nie, sal ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.
Vers 19: En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
Vers 20: En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
Vers 21: En as julle jul teen My verset en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
Vers 22: En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle instuur, en die sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.
Vers 23: En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My verset,
Vers 24: Sal Ek My ook teen julle verset en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.
Vers 25: En Ek sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
Vers 26: As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. (Ons is nou al op hierdie stadium. Hoeveel vettes is tussen ons?)
Vers 27: As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My verset,
Vers 28: Sal Ek My in grimmigheid teen julle verset, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
Vers 29: En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
Vers 30: En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi. En My siel sal ‘n afsku van julle hê.
Vers 31: En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.
Vers 32: Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.
Vers 33; En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.
Vers 34: Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
Vers 35: Al die dae van sy verwoesting sal dit rus - die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
Vers 36: En wat diegene aangaan wat onder julle oorgebly het - Ek sal in hulle hart ‘n vreesagtigheid bring in die lande van hul vyande, sodat die geruis van ‘n verwaaide blaar hulle op die loop sal jaag. En hulle sal vlug, soos ‘n mens vir ‘n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
Vers 37: En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.
Vers 38: Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.
Vers 39: En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.
Vers 40: Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My verset het.
Vers 41: Sodat Ek My ook teen hulle verset het en hulle in die land van hul vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,
Vers 42: Sal Ek dink aan My verbond met Jakob, en ook aan My verbond met Isak en ook aan My verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
Vers 43: Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en hulle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle My verordeninge verwerp en hulle siel van My insettinge ‘n afsku gehad het.
Vers 44: Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek aan hulle ‘n einde sou maak en My verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here hul God.
Vers 45: Maar Ek sal tot hul beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ‘n God te wees.
Vers 46: Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die Here tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking