(666 Vervolg)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
En daar sal ‘n groot aardbewing wees soos daar nog nooit voorheen was nie.
Vers 19: En die stede van die nasies sal val. (Oral.)
Vers 20: Eilande sal oorstroom word en sink, en berge sal uit hul plek versit word.
Vers 21: En groot haël, omtrent 10 kilogram swaar sal op die mense val, maar die mense sal God nog steeds laster.
Mark 10 vers 23: En Jesus sê: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit in die koninkryk van God ingaan! (Mense met baie geld sa1 die 666 eerder aanvaar.)
Joh 12 vers 25: Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. (Nie die 666 aanvaar nie, en hom laat doodmaak as dit daarby kom.)
Openb 19 Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen Sy leër.
Vers 20: En die dier (antichris) is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Openb 20 Vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee, en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking