Dinsdag 16 Maart 2010

Die dier uit die aarde

(666 Vervolg)

(Dit is die valse profeet. Die antichris sal die valse profeet inspan om sy sataniese wil uit te voer. Hy gaan hom voordoen as ‘n man van God, ‘n groot gelowige, maar met die hulp van satan en magtige tekens gaan hy nasies verlei.)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 13 Vers 12: Hy praat soos ‘n draak. Hy oefen die mag van die antichris uit. En hy maak dat die aarde en die wat daarop woon die antichris aanbid. (Ons geldstelsel gaan deur die komper beheer word, en hy gaan die komper beheer. Ons is dus ten volle in sy mag.)
Vers 13: Hy laat selfs vuur uit die hemel neerdaal.
Vers 14: Hy laat die mense ‘n afgodsbeeld maak van die antichris.
Vers 15: ‘n Gees sal aan die afgodsbeeld gegee word sodat hy kan praat en maak dat almal gedood word wat die beeld nie aanbid nie. (Ons maak al vandag kompers wat kan praat.)
Vers 16: En hy maak dat aan almal, klein en groot, rykes en armes, ‘n merk op hulle regterhand en op hul voorhoofde gegee word. (Dit sal min op meer wees soos ‘n kredietkaart wat op jou hand of voorhoof-permanent-aangebring word. Die merk sal begin met 6, in die middel ‘n 6, en dit sal eindig met ‘n 6.)
Vers 17: Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk, of die naam van die antichris of die getal van sy naam het nie.
Vers 18: Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het: Die getal is 666. (Soos hierbo verduidelik. Wanneer jy die merk aanvaar, sal jy kan koop en verkoop, en net nadat almal die merk aanvaar het, sal die antichris sê almal moet hom aanbid, of hy maak jou bankrekening toe. Almal sal hom dan moet aanbid. Die Vader het dit 6000 jaar gelede al geweet.)
Joh 5 Vers 43: En Jesus sê: Ek het gekom in die Naam van My Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem. (Die antichris.)
Openb 14 Vers 9 tot 11: As iemand die dier en sy beeld aanbid, en die merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en Jesus.
Openb 12 Vers 11: En hulle het hom oorwin deur die bloed van die lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. (NS: Hoe gaan die antichris dit regkry? Die hele wêreld se geldstelsel is deurmekaar, en elke dag het dit ‘n ander waarde. Daar is ook nie ‘n vaste patroon nie. Van die armste swart lande se geldstelsels is meer werd as ons Rand, en dis moeilik om te verstaan. Daar gaan ‘n een wêreld geldstelsel in die nabye toekoms ontstaan. Almal in die hele wêreld kan enige plek op die aarde met hierdie geld gaan koop. Die probleme tot nou was dat jou geld gesteel kan word uit jou sak, of jou kredietkaart of tjek word gesteel en daarmee word gekoop. Daar is ‘n oplossing vir die antichriste! Elke mens gaan ‘n merk, elektronies en infrarooi, op sy hand of voorhoof kry. Hierdie merk sal begin met ‘n 6, in die middel ‘n 6, en eindig met ‘n 6. Al jou gegewens sal daarop wees, onder andere jou rekening nommer by die bank. Nou kan niemand jou geld op geen manier steel nie!!! Niemand kan jou kop of hand afkap om te gaan koop nie! Daar sal geen kontant meer wees nie. Elke kafee, winkel en besigheid sal ‘n indrarooi "Scanner" hê, waar as jy klaar gekoop het, hou jy net jou hand onder, en ‘n bedrag word deur jou ingetik, dan is die bedrag onmiddellik van jou rekening afgetrek, en gekrediteer aan die spesifieke rekening. Aan die einde van die maand plaas jou werkgewer jou salaris op hierdie rekening, en jy kan koop met jou hand net waar jy wil. Jy sal ook nie oortrokke kan gaan nie, want die komper sal onmiddelik sê daar is nie fondse nie. Al die lande sal ingeskakel wees met een komper in die spesifieke land, en die kompers weer met ‘n sentrale rekenaar in Brussels. Hierdie rekenaar is al ongeveer nege jaar gelede gebou, en 6 000 mense het al reeds die merk op hul voorhoofde in Swede, om die sisteem te toets. Op een of ander manier gaan die antichris beheer oorneem oor die sentrale rekenaar, en op hierdie slinkse wyse sal hy beheer hê oor die bevolking van die wêreld. As jy hom nie aanbid nie, word jou rekening gevries totdat jy tot ander insigte kom. Dit is hoekom Jesus sê dit sal swaarder wees vir ‘n ryk man om die koninkryk van God te beërwe as ‘n arm man. Maar onthou! God waarsku ons, Hy gee hierdie merk as ‘n toets vir ons. As ons die merk aanvaar, verwerp ons God.)
Psalm 74 Vers 3: Hef U voete op na die ewige puinhope: Alles het die vyand in die heiligdom verniel.
Vers 4: U teëstanders het binne U vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel. (666.)
Vers 5: Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ‘n digte plek bome.
Vers 6: En nou - die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamer stukkend geslaan.
Vers 7: Hulle het U heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van U Naam ontheilig.
Vers 8: Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
Vers 9: Ons Sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
Vers 18: Gee aan die wilde diere (ongelowiges) die siel van U tortelduif (die Israeliete) nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van U ellendiges nie. (Dit is ook hoekom die Woord praat van die dier uit die aarde, en die dier uit die see. Vir God is alle mense wat ongelowig is diere, en soos diere.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: