GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Matt 26 Vers 26: En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is My liggaam.
Vers 27: Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. (Een beker.)
Vers 28: Want dit is My bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sonde.
Matt 26 Vers 29: Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die Koninkryk van My Vader. (In die hemel.)
Joh 6 Vers 51: Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
Vers 53: As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
Joh 6 Vers 54: Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 55: Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik drank.
Vers 56: Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.
Vers 57: Soos die Lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
Vers 58: Nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
Joh 13 Vers 4: En Jesus het van die maaltyd opgestaan, Sy bo-klere uitgetrek, ‘n doek om Hom gebind, water in ‘n bak gegooi, en die voete van die dissipels gewas en met die doek afgedroog.
Vers 14: As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
Vers 15: Net soos Ek aan julle gedoen het, moet julle ook doen.
Vers 17: As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
Joh 13 Vers 34: ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhë.
Vers 35: Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
1 Kor 11 Vers 24: En nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot My gedagtenis.
Vers 25: Net so ook die beker na die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in My bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot My gedagtenis.
Vers 26: Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Vers 27: Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die Liggaam en Bloed van die Here.
Vers 28: Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.
1 Kor 11 Vers 29: Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Vers 30: Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
Vers 32: Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
Vers 33: Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar.
Vers 34: En as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking