GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 55 Vers 1: O almal wat dors het, kom na die waters, en wie geen geld het nie, kom koop en eet; ja, kom koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Vers 2: Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
Vers 3: Neig julle oor en kom na My toe. Luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: Die bestendige genadebewyse van Dawid.
Jes 55 Vers 6: Soek die Here terwyl hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. (Hy gaan ons vir 'n tyd heeltemal verlaat, sodat die profesie vervul kan word van Armageddon.)
Vers 7: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Vers 9: Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking