Dinsdag 16 Maart 2010

Die armes

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 15 Vers 7: As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in die land wat die Here jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard, en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
Vers 8: Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet vrywillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.
Vers 9: Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby - en jou oog dan jou arm broer (Lid van jou volk) skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die Here roep, en dit sonde in jou word.
Vers 10: Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die Here jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Vers 11: Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en arme in jou land.
1 Tim 6 Vers 8: Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: