Maandag 15 Maart 2010

Wet van die eersgeborenes

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 13 Vers 1: Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is Myne.
Vers 12: Dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die Here afgee. Ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê. Alles wat manlik is behoort aan die Here.
Vers 13: Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes onder mense onder jou seuns moet jy loskoop.
Vers 14: As jou seun jou later vra wat beteken dit? moet jy hom antwoord: Die Here het ons met ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis uitgelei.
Vers 15: Toe Farao ons nie uit Egipteland wou laat trek nie, het die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood. Van die eersgeborenes van die mense af tot die eersgeborenes van die diere toe. Daarom offer ek aan die Here alles wat die moederskoot open wat manlik is. Maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
Vers 16: En dit moet as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë. Want die Here het ons deur ‘n sterk hand uit Egipteland uitgelei. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: