Woensdag 17 Maart 2010

Was die profete geleerd?

Was die profete geleerd? bekeerd, en kon hulle skryf? moet ons net luister na alle predikante en doktors, of is van hulle vandag valse profete, en skrifgeleerdes van ouds?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Mark 6 Vers 3: En hulle praat van Jesus: Is Hy nie die timmerman nie?
Jer 36 Vers 4: En Jeremia het Barug geroep; en Barug het op ‘n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die Here wat hy met hom gespreek het. (Jeremia kon dus nie skryf nie.)
Vers 18: Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.
Vers 32: Toe het Jeremia ‘n ander rol geneem, en dit aan die skrywer Barug gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jojakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het;
Daniël 12 Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
Matt 13 Vers 11: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
1 Kor 1 Vers 26: Want let op julle roeping broeders, julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.
Vers 27: Maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam, en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam.
Amos 7 Vers 14: Toe het Amos geantwoord en aan Amasia gesê: Ek was geen profeet, en ook geen profete-seun nie; maar ek was ‘n veewagter en kweker van wildevyebome.
Vers 15: Maar die Here het my agter die kleinvee weggeneem, en die Here het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen My volk Israel.
Job 32 Vers 8: Maar dit is die Gees in die mens en die Asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
Vers 9: Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
Job 12 Vers 11: Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Spreuke 3 Vers 32: Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar Sy verborgenheid is met die opregtes.
Luk 22 Vers 32: En Jesus sê vir Petrus: Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Dit was net voor die kruisiging. Petrus was selfs na al die wonderwerke nog nie bekeerd nie.)
Pred 12 Vers 12: En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.
Vers 13: Die hoofsaak van alles wat gehoor is is: Vrees God en hou Sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
Matt 5 Vers 3: Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: