Dinsdag 16 Maart 2010

Verdrukking en vervolging van die Profete

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kron 18 Vers 26: So spreek die koning: Sit vir Miga, die profeet in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuis kom.
11 Kron 24 Vers 20: Toe het die Gees van God Sagaria, die seun van die priester Jojada, vervul, en hy het voor die volk gaan staan en gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here en wil julle nie voorspoedig wees nie? omdat julle die Here verlaat het, het Hy julle verlaat.
Vers 2 1: Daarop stenig hulle hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die Here. Voor hy sterwe sê hy: Mag die Here dit sien en rekenskap vorder!
Vers 23: En by die wisseling van die jaar het die koning van Aram teen hom opgetrek en al die owerstes onder die volk uitgeroei, en buit geneem.
Vers 24: En Aram het ‘n geringe leër gehad, maar God het hom die oorwinning gegee. En hulle het strafgerigte geoefen teen koning Joas.
Vers 25: En toe hulle van hom wegtrek, (Joas) want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat, smee sy dienaars ‘n sameswering teen hom vanweë Sagaria, wat hy laat stenig het, en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het. Maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
Jer 37 Vers 16: Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en daar baie dae gebly het,
Vers 2 1: Toe gee koning Sedekia bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks ‘n skyf brood uit die bakkersstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was.
Jer 38 Vers 6: Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkia. En hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
Vers 7: En toe Ebed-meleg, die Kusiet, ( ‘n swartman) ‘n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het,
Vers 8: Het Ebed-meleg met die koning gespreek en gesê:
Vers 9: My heer, hierdie manne het verkeerd gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het. Hy sal tog sterf van honger op die plek waar hy ookal is, want daar is geen brood in die stad oor nie.
Vers 10: Toe gee die koning aan Ebed-meleg, die Kusiet, bevel en sê: Neem hiervandaan dertig manne met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die put uit voordat hy sterwe.
Vers 11: Toe het Ebed-meleg verslyte lappe geneem wat hy na Jeremia laat sak het met toue.
Vers 12: En Ebed-meleg, die Kusiet, het vir Jeremia gesê: Sit tog die verskeurde en verslyte lappe onder jou armholtes onder die toue;
Vers 13: En hulle het Jeremia aan die toue opgetrek en hom uit die put uitgehaal. En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly.
Jer 39 Vers 16: Gaan en spreek met Ebed-meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring My woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in die dag.
Vers 17: Maar Ek sal jou in die dag red, spreek die Here; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.
Vers 18: Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou ‘n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die Here.
Jer 40 Vers 1: En die woord van die Here het tot Jeremia gekom terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel.
Vers 2: Die owerste van die lyfwag sê toe aan Jeremia:
Vers 4: Kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is. Die hele land lê vir jou oop. Waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.
Vers 5: Hierop het die owerste van die lyfwag vir Jeremia padkos en ‘n geskenk gegee, en hom laat gaan.
Eseg 3 Vers 25: En jy, mensekind, kyk, hulle sit vir jou toue aan en bind jou daarmee, sodat jy nie onder hulle kan uitgaan nie. (In Babel.)
Vers 26: En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word.
Eseg 4 Vers 12: En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.
(Toe Esegiël hieroor beswaar maak, sê die Here:)
Vers 15: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
Matt 14 Vers 3; Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Herodias, die vrou van Filippus, sy broer.
Vers 4: Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.
Vers 6: Maar by die viering van Herodes se verjaarsdag het Herodias se dogter voor Herodes gedans, en hom behaag.
Vers 7: Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.
Vers 8: Nadat haar moeder haar aangehits het, vra sy toe: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die doper.
Vers 10: En Herodes het gestuur en Johannes laat onthoof in die gevangenis.
Vers 11: Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.
Hand 5 Vers 40: En hulle het die apostels laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie.
Vers 41: Die apostels het toe van die raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir Sy Naam oneer te ly.
Hand 6 Vers 11: En sommiges van die sinagoges het valse getuies teen Stefanus ingebring; hulle het gesê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.
Hand 7 Vers 57: Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
Vers 58: En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig.
Vers 59: En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
Vers 60: En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! en met die woorde het hy ontslaap.
Hand 8 Vers 3: Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise ingegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.
Hand 12 Vers 1: En koning Herodes het sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.
Vers 2: En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.
Han 13 Vers 50: Maar die Jode het die mense van die stad opgehits teen Paulus en Barnabas, en ‘n vervolging in die lewe geroep, en hulle buite hul gebied verdryf.
Vers 51: Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en verder gegaan.
Han 14 Vers 19: Maar daar het Jode van Antiochië aangekom, en nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood is.
Vers 20: Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan, en vertrek.
Vers 22: En die siele van die dissipels versterk deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Han 16 Vers 22: En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te slaan.
Vers 23: En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp, en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.
Vers 24: Hy het toe hulle voete in die blok vasgemaak,
Vers 26: En daar het ‘n aardbewing gekom wat almal se boeie losgemaak het, en die deure laat oopgaan het.
Han 21 Vers 32: En toe die soldate kom, het hulle opgehou om Paulus te slaan.
Han 23 Vers 2: Maar die hoëpriester Ananias het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.
Vers 3; Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan, gewitte muur! u sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel u in stryd met die wet dat ek geslaan moet word?
Vers 8: Want die Saduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of Gees nie; maar die Fariseërs bely albei.
Vers 12: En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie. Daar was meer as veertig van hulle.
Han 24 Vers 5: Want ons het gevind dat hierdie man ‘n pes is en ‘n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ‘n voorman van die sekte van die nasareners. (Toe het hulle die NG kerk ‘n sekte genoem, vandag noem die NG al die ander kerke sektes.)
Vers 14: En Paulus sê: Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die wet wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is.
Vers 23: En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.
Han 28 Vers 16: Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas,
Vers 30: En hy was ‘n gevangene in sy eie woning vir twee jaar, en het almal ontvang wat na hom gekom het.
Rom 8 Vers 35: Wie sal ons skei van die liefde van Christus? verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Vers 36: Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
Vers 38; Want ek is oortuig dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomstige dinge.
Vers 39: Of honger of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
11 Kor 11 Vers 24: Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.
Vers 25: Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring -
Vers 26: Dikwels in gevare onder valse broeders.
Vers 27: In arbeid en moeite, in slapelose nagte, dikwels in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: