Dinsdag 16 Maart 2010

Mag jy bloed eet?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Levit 7 Vers 26: Ook mag julle geen bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.
Levit 7 Vers 27: Elkeen wat maar enigsins bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Levit 17 Vers 10: Teen die een wat die bloed eet, sal Ek My Aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Vers 11: Want die siel van die vlees is in die bloed; en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen. Want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Vers 12: Niemand van julle mag bloed eet nie, ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Vers 13: En elkeen wat ‘n stuk wild of voël vang wat geëet mag word - hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak.
Vers 14: Want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom mag julle die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet moet uitgeroei word.
Levit 3 Vers 17: ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke; geen vet en geen bloed mag julle eet nie.
Lev 19 Vers 15: En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
Vers 16: Maar as hy dit nie was en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.
Levit 19 Vers 26: Jy mag niks met bloed en al eet nie.
Deut 12 Vers 16: Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.
Vers 23: Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.
Vers 24: Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.
Vers 25: Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders na jou goed mag gaan as jy doen wat reg is in die oë van die Here. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: