GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 9 Vers 2: En ek, Daniël, het in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het mbt die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.
Sag 7 Vers 5: Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters: As julle, nou sewetig jaar lank, in die vyfde en die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas? (Hierdie sewentig jaar is dus reeds verby.)
Dan 9 Vers 3: En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smeking te wy.
Vers 2 1: Terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.
Vers 22: En hy het my onderrig en gesê: Daniël, nou het Ek heengegaan om jou insig te gee.
Vers 23: By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en Ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.
Vers 24: Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou Heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.
Dan 9 Vers 25: Van die uigang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou, tot op ‘n gesalfde, (Tot met die eerste koning in Jerusalem) ‘n vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.
Vers 26: En na die twee-en-sestig sewetalle sal ‘n gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. (Dit is vandag wat hier beskryf word.)
Vers 27: En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, (sewe jaar) en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. (Die eerste 3.5 jaar na hierdie 7 jaar ooreenkoms sal nie so erg wees nie, maar die laaste 3.5 jaar gaan verskriklik wees. Die merk van die dier gaan dan verplig word op ons hande en voorhoofde, en selfs jou huisgesin gaan jou laat aankla indien jy nie die merk het nie. Die rede hiervoor is almal wat iemand wegsteek sonder die merk sal saam met hom doodgemaak word.) (Jesus kom aan die einde van hierdie sewe jaar.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking