Woensdag 17 Maart 2010

Een Heiligdom, een bymekaarkomplek, een offerplek

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 12 Vers 5: Maar die plek wat die Here julle God uit al julle stamme sal uitkies om Sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek, en daarheen moet jy kom.
Vers 6: En daarheen moet julle jul brandoffers en slagoffers en julle tiendes en die offergawes van julle hand en jul gelofte en vrywillige offers en jul eersgeborenes van beeste en kleinvee.
Vers 7: En daar moet julle voor die Aangesig van die Here julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die Here jou God jou geseën het.
Deut 12 Vers 12: En julle moet vrolik wees voor die Aangesig van die Here julle God, julle en jul seuns en jul dogters en jul slawe en slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.
Deut 12 Vers 17: Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en jou eersgeborenes van jou beeste en kleinvee nie.
Vers 18: Maar jy moet dit bring na die plek wat die Here jou God sal uitkies, en dit voor die aangesig van die Here jou God eet. En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.
1 Kon 3 Vers 2: Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat daar op daardie dae geen huis vir die Naam van die Here gebou was nie. (Vandag ook nie.)
Vers 3: En Salomo het die Here liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes (Dit was verkeerd) geoffer en rook laat opgaan. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: