Dinsdag 16 Maart 2010

Die Ark

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 10 Vers 1: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook ‘n ark van hout.
Vers 2: En jy moet die kliptafels in die ark sit.
Vers 3; En God het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe, en die Here het dit aan my gegee.
1 Sam 4 Vers 3: Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die Here ons vandag voor die Fillistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die Here uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons kan inkom, en ons verlos uit die hand van ons vyande.
Vers 11: Maar hulle het weer verloor, en die ark van God is ook geneem deur die Fillistyne.
1 Sam 5 Vers 2: Daarop het die Fillistyne die ark van God langs Dagon neergesit. (Hulle afgod.)
Vers 3: Die volgende oggend lê Dagon met sy gesig op die grond voor die ark van die Here. Hulle rig hom toe weer regop.
Vers 4: Die volgende oggend lê hy weer so, maar sy kop en handpalms le afgebreek.
Vers 6: Daarop tref God hulle met geswelle.
Vers 7: Hulle besluit toe dat die ark nie by hulle kan bly nie, en neem dit na Gat.
Vers 9: Maar geswelle het die mense van Gat getref.
Vers 10: Hulle stuur toe die ark na Ekron, maar weereens is hulle met geswelle getref, en ‘n groot verwarring, en baie het gesterf.
1 Sam 6 Vers 4: Hulle besluit toe om die ark terug te stuur na Israel, en plaas vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste.
Vers 14: En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was ‘n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie geoffer aan die Here.
Vers 19: En Hy het onder die mense van BetSemes ‘n slagting aangerig, en vyftigduisend man gedood, omdat hulle die ark van die Here bekyk het.
11 Sam 6 Vers 17: Hulle het die ark neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het.
11 Sam 7 Vers 6: So spreek die Here: Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel laat optrek het uit Egipte tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in ‘n tentwoning. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: