Woensdag 17 Maart 2010

Beskuldigde vroue wat ‘n maagd nie is nie

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 22 vers 13: As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat,
Vers 14: En haar slegte dinge nagee en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
Vers 15: Dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
Vers 16: En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
Vers 17: En kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie - Maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
Vers 18: Dan moet die oudstes van die stad die man neem en hom tugtig.
Vers 19: En hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; Hy mag haar nie verstoot vir solank as hy lewe nie.
Vers 20: Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie –
Vers 21: Dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skandaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: