GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 47 vers 23: Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop. Daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai. En by die insameling moet julle ‘n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees.
1 Kon 4 vers 21: Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufrat af tot by die land van die Filistyne. Hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.
Matt 22 vers 21: Daarop sê Jesus vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
Neh 5 Vers 3: En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons kon koring koop in die hongersnood!
Vers 4: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen vir die belasting aan die koning, en ons lande en wingerde behoort aan ander.
Rom 13 Vers 7: Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is; belasting, tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking