Woensdag 17 Maart 2010

Afgode en sondes

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 20 Vers 3: Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.
Vers 4: Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. (Ook nie 'n Jesus of Maria of een van die "saints" nie.)
Vers 5: Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie.
Exo 22 Vers 18: Die towerheks mag jy nie laat lewe nie. (So ook die toordokter.)
Vers 20: Hy wat aan die gode offer, behalwe aan die Here alleen, moet met die banvloek getref word.
Exo 23 Vers 13: En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.
Vers 3 1: Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
Vers 32: Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.
Levit 16 Vers 8: En Aaron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die Here, en een lot vir As'asel.
Vers 10: Die bok waar die lot vir As'asel op gekom het, moet Lewindig voor die aangesig van die Here gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir As'asel in die woestyn te stuur. (Dit was nodig voordat Jesus vir ons gesterwe het.)
Vers 21: En Aaron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê, en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ookal mag wees; en hy moet die op die kop van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
Vers 22: So moet die bok dan op hom al hul ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los. (Nie meer nodig vandag nie.)
Levit 17 Vers 7: En hulle mag nie meer hul slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie.
Levit 18 Vers 21: En van jou kinders mag jy nie gee om vir molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.
Levit 19 Vers 4: Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die Here julle God.
Vers 26: Jy mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
Vers 28: Julle mag ook nie ter wille van ‘n dooie snye in jul vlees maak nie, en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.
Vers 29: Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Lev 19 Vers 31: Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie.
Levit 20 Vers 2: Elkeen uit die kinders van Israel of die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.
Vers 3: En Ek sal My aangesig teen die man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit want hy het My Heilige Naam ontheilig.
Vers 4: En as die volk van die land maar enigsens hul oë toemaak vir die man as hy van sy kinders vir Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie, dan sal Ek My aangesig rig teen die man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
Lev 20 Vers 6: As ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, om agter hulle aan te hoereer, sal Ek My aangesig teen die persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Lev 20 Vers 27: As daar in ‘n man of ‘n vrou ‘n gees van ‘n afgestorwene is of ‘n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word.
Num 25 Vers 3: So het Israel hom dan gekoppel Baal-peor, en die toorn van die Here het ontvlam.
Deut 4 Vers 16: Sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir jul ‘n gesnede beeld, ‘n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie. ‘n Afbeelding van man of vrou,
Vers 17: ‘n Afbeelding van enige dier wat op die aarde is, of enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg.
Vers 18: ‘n Afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, of van enige vis wat in die water onder die aarde is;
Vers 19: Dat jy ook nie jou oë na die hemel opslaan, en as jy die son sien, en die maan en sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie.
Deut 28 Vers 17: En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien.
Num 4 Vers 18: Sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die Here onse God afwend om die gode van die nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wildeals dra nie.
Vers 25: Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie; dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die Here jou God ‘n gruwel.
Vers 26: En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daarvan heeltemal ‘n afsku hê en dit geheel en al as ‘n gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.
Rigt 8 Vers 33: Maar net toe Gideon dood was, het die kinders van Israel weer die Baals agterna gehoereer en van Baal-berit vir hulle ‘n god gemaak.
Rigt 10 Vers 6: En die kinders van Israel het die baals en die astartes gedien, en die gode van Aram, Sidon, Moab en Ammon, en die Fillistyne.
Rigt 18 Vers 14: Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise ‘n skouerkleed en huisgode en ‘n gesnede en gegote beeld is?
1 Sam 2 Vers 28: En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om die skouerkleed te dra voor My aangesig.
1 Sam 22 Vers 18: En hy het op die dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
1 Sam 5 Vers 2: Daarop het die Filistyne die ark van God geneem en dit in die huis van Dagon gebring en dit langs dagon neergesit.
Vers 3: Toe hulle vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die Here.
Vers 4: Hulle het hom weer regop gesit, maar die volgende oggend het Dagon weer op die grond gelê, maar die hoof en die twee handpalms het afgebreek.
Vers 5: Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.
1 Sam 7 Vers 3: As julle jul met jul hele hart tot die Here bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die astartes onder julle uit, en rig julle hart op die Here, en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Fillistyne.
1 Sam 28 Vers 8: En Saul sê: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom Samuel.
1 Kon 11 Vers 1: En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad, onder andere ‘n Amonietiese vrou. (Afstammeling van Gam - swart.)
Vers 2: Uit die stamme wat die Here gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie, hulle sal voorwaar julle hart verlei agter ander gode aan.
Vers 4: En sy duisend vroue het hom verlei, agter ander gode aan.
Vers 5; En Salomo het agter Astarte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, van die Ammoniete, aan geloop.
1 Kon 11 Vers 7: Toe het Salomo ‘n hoogte gebou vir Kamos, van die Moabiete, en vir Molog, van Ammon.
Vers 11: Daarom het die Here vir Salomo gesê: Omdat jy ander gode het, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur, en dit aan jou dienaar gee.
Vers 12: Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie. Uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.
1 Kon 12 Vers 28: Daarom het die koning twee goue kalwers gemaak, en aan die volk gesê: Julle het genoeg opgegaan na Jerusalem. Hier is jou gode wat jou laat optrek het uit Egipte!
Vers 31: Hy het ook tempels van die hoogtes gebou, en priesters aangestel uit al die dele van die volk, wat nie uit die seuns van Levi was nie.
Vers 32: En hy het op die agste maand, op die vyftiende dag van die maand, geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het.
1 Kon 15 Vers 11: En koning Asa het gedoen wat reg is in die oë van die Here, net soos sy vader Dawid. Hy het die skandseuns uit die land laat wegtrek, en al die drekgode verwyder wat sy vaders gemaak het.
Vers 13: Ja, selfs sy moeder Maaga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy ‘n afgryslike voorwerp vir Asjera gemaak het. En Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dal Kidron verbrand.
1 Kon 16 Vers 3 1: En koning Agab, het Esebel, die dogter van Et-baal as vrou geneem, en Baal gaan dien en voor hom neergebuig.
Vers 32: En vir Baal ‘n altaar opgerig.
Vers 33: Ook het Agab die Heilige boomstam gemaak.
11 Kon 3 Vers 26: Toe die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, Vers 27: Neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het ‘n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek het.
11 Kon 10 Vers 18: En koning Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en gesê: Agab het Baal ‘n bietjie gedien. Jehu sal hom baie dien.
Vers 19; Roep nou al die dienaars, profete en priesters van Baal na my toe, want ek het ‘n groot offer vir Baal. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die profete van baal om die lewe te bring.
Vers 21: Jehu het ook deur die hele Israel gestuur, en al die profete van Baal het gekom, en in die tempel van Baal gegaan.
Vers 23: Daarop sê Jehu aan hulle: Ondersoek of daar nie dalk een van die dienaars van die Here onder julle is nie, net die dienaars van Baal alleen.
Vers 24: Daarop het Jehu vir hom tagtig man buitekant opgestel, en aan hulle gesê: Hy wat een van hierdie manne laat vryraak, sy lewe sal in die plek van die se lewe wees. En hulle het almal met die swaard doodgeslaan.
Vers 27: En hulle het die klippilaar van Baal afgebreek en Baal se tempel afgebreek en daar gemakshuisies van gemaak. (Die satan het dit nou reggekry dat ons ons God se Naam, alhoewel verkeerd, op die deure van gemakshuisies aanbring. Here – op die toilette, Dames en Here. In Engels Lord, Lord and Lady)
11 Kon 10 Vers 29: Maar van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was, het Jehu nie afgewyk nie. Daarop sê die Here vir hom: Jou seuns sal slegs tot op die vierde geslag op die troon van Israel sit.
11 Kon 16 Vers 2: En Agas het koning geword en in Jerusalem regeer.
Vers 3: En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor Israel uit verdryf het. (Op kole laat loop.)
11 Kon 17 Vers 7: Want die kinders van Israel het gesondig teen die Here deur ander gode te vrees.
Vers 10: En hulle het vir hul klippilare en heilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel, en onder elke groen boom.
Vers 11: En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die Here voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die Here te terg.
Vers 12: En die drekgode gedien waarvan die Here gesê het: Julle mag dit nie doen nie.
11 Kon 17 Vers 29: Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het.
Vers 30: Die manne van Babel het sukkot-benot gemaak. Kut het Nergal gemaak. Hamat het Asima gemaak.
Vers 31; Die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. Die Sefarviete het hulle seuns vir Adrammeleg en Anammeleg, die gode van Sefarvaim, in die vuur verbrand.
Vers 33: Hulle het die Here gevrees, en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.
Vers 35: Tog het die Here met hulle ‘n verbond gesluit: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie. (Ons eet tot vandag hoenders en margarien wat aan Halaal geoffer is. Let op die Halaal merkteken op verskeie produkte, soos hoenders en margarien – halfmaan en ster. Ons mag dit nie eet nie!!!)
Vers 36: Julle mag slegs aan die Here offer wat julle uit Egipteland uitgelei het.
11 Kon 18 Vers 3: En Hiskia het koning geword van Juda, en hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy het ook die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat Israel tot op die dae offerrook daaroor laat opgaan het
11 Kon 21 Vers 1: En Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het.
Vers 2: En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.
Vers 3: Hy het weer die hoogtes gebou, altare opgerig vir Baal, ‘n heilige boomstam gemaak, en hom gebuig voor die leër van die hemel, en hulle gedien.
Vers 4: Ook altare gebou in die huis van die Here, en altare gebou vir die leër van die hemel in die voorhowe van die huis van die Here.
Vers 6: Sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklaring van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel.
Vers 7: Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjera, wat deur hom gemaak is, in die tempel van die Here gesit.
Vers 12: Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek sal ‘n onheil oor Juda en Jerusalem bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
11 Kon 23 Vers 5: En koning Josia het die afgodspriesters uitgeroei. Ook die wat vir die son en die maan en die sterrebeelde offerrook laat opgaan het. En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die Here was, waar die vroue tente geweef het vir Asjera.
Vers 11: En hy het die perde uitgeroei wat die koning van Juda gegee het tot verering van die son, en die waens van die son het hy met vuur verbrand.
Vers 20: En al die priesters van die hoogtes, wat daar was, het hy op die altare geslag.
Vers 24: Ook het Josia die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels uitgeroei
11 Kron 19 Vers 1: Maar toe Josafat, die koning van Juda terugkeer van die geveg waar hy die koning van Israel (Israel het op daardie stadium afgode gedien) gehelp het,
Vers 2: Het die siener Jehu uitgegaan hom tegemoet, en gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die Here haat? daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die Here.
11 Kron 20 Vers 35: Maar daarna het Josafat, die koning van Juda, ‘n bondgenootskap aangegaan met Ahasia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.
Vers 36: En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou.
Vers 37: Maar Eliëser het teen Josafat geprofeteer en gesê: Omdat u ‘n bondgenootskap met Ahasia aangegaan het, verbreek die Here u werk. En die skepe het gesink.
11 Kron 28 Vers 3: En koning Agas het ook sy seuns met vuur verbrand en offerrook laat opgaan volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor Israel uit verdrywe het.
Vers 23: En hy het geoffer aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode het hulle gehelp, ek sal aan hulle gode offer dat hulle my kan help!
Vers 24: En hy het die gereedskap van die huis van God byeengebring en stukkend geslaan, en die deure van die huis van God toegesluit, en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.
11 Kron 34 Vers 4: En hulle het die altare van die Baals omgegooi, en die sonpilare wat daar bo-op was, stukkend gekap.
Psalm 106 Vers 20: En hulle het hul heerlikheid verruil vir die afbeelding van ‘n bees wat gras eet.
Vers 28: Ook het hulle hul aan Baal-peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet. (Ons swartmense offer op elke begrafnis ‘n bok, en eet dit dan, gooi ook drank uit op die grond.)
Psalm 106 Vers 37: Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer.
Vers 38: En onskuldige bloed vergiet - die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaan geoffer het - sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
Psalm 141 Vers 4: Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met mense wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. (Afgodsoffers.)
Jes 8 Vers 19: En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel - moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Jes 66 Vers 17: Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise - almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die Here.
Jer 7 Vers 17: Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie?
Vers 18: Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knee deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.
Jer 11 Vers 12: Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep na die gode vir wie hulle rook laat opgaan het; maar die sal hulle geensins verlos in die tyd van hulle onheil nie.
Jer 19 Vers 5: En hulle het die hoogtes van Baal gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan baal
Vers 13: En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode. (Ons swartmense giet daagliks drankoffers uit vir hul voorvadergeeste.)
Jer 44 Vers 5: Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.
Vers 15: En al die manne wat geweet het dat hul vroue vir ander gode rook laat opgaan, en die hele volk wat in Egipteland gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê:
Vers 16: Aangaande die woord wat u aan ons van die Here verkondig het - ons sal na u nie luister nie.
Vers 17: Maar ons sal alles doen wat uit ons mond uitgegaan het - om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie.
Vers 18: Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en hongersnood omgekom.
Vers 19: En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet - is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld, en drankoffers vir haar uitgiet?
Eseg 8 Vers 14: Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die Here, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
Vers 16: By die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf-en-twintig man, met hulle rug na die tempel van die Here, en hulle gesig gerig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
Vers 17: En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
Eseg 13 Vers 17: En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
Vers 18: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van My volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
Vers 19: En julle ontheilig My by My volk vir ‘n paar hande vol gars en ‘n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle My volk belieg wat na leuens luister.
Vers 20: Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van jul arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
Eseg 20 Vers 26: Omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig , dat hulle sou weet dat Ek die Here is.
Vers 3 1: Ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe. En sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? so waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie.
Eseg 21 Vers 21: Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak; hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer. In sy regterhand is die lot.
Hos 3 Vers 1: En die Here het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die Here die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend, en versot is op rosynkoeke.
Hos 3 Vers 4: Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en sonder huisgode.
Hos 9 Vers 10: Maar hulle het na Baal-peor gekom, en hulle aan die Skandgod toegewy, en ‘n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.
Hos 11 Vers 2: Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van hulle weggeloop. Hulle het aan die Baals geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.
Hos 12 Vers 2: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse.
Amos 5 Vers 25: Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel?
Vers 26: En ook gedra Sukkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
Miga 5 Vers 11: Verder sal Ek uitroei die towerye uit jou land, en jy sal geen goëlaars meer hê nie. (En al ons toordokters waaraan meeste swartes en sommige blankes glo.)
Vers 12: En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
Vers 13: En Ek sal uit jou midde uitruk jou heilige boom en jou stede verwoes.
Vers 14: En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.
Habakuk 2 Vers 19: Wee hom wat vir ‘n stuk hout sê: Word wakker! vir ‘n dooie klip: Ontwaak! kan hy ‘n mens leer? kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is geen gees in sy binneste nie!
Matt 6 Vers 24: Niemand kan twee Here dien nie; want of sal hy die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie!
Matt 12 Vers 24: Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels nie.
Deut 6 Vers 14: Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie -
Vers 15: Want die Here jou God is ‘n jaloerse God by jou - sodat die toorn van die Here jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Deut 13 Vers 12: As jy in een van jou stede wat die Here jou God jou gee om in te woon, hoor sê:
Vers 13: Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien - wat julle nie geken het nie -
Vers 14: Dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,
Vers 15: Dan moet jy die inwoners van die stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
Vers 16: En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring, en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die Here jou God; en dit moet vir ewig ‘n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
Vers 17: Ook mag daar niks van wat bangoed is aan jou hand kleef nie, (Jy mag niks vir jouself vat nie.) sodat die Here Hom van die gloed van Sy toorn kan afwend en Hom oor jou ontferm.
Hand 7 Vers 43: Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid.
Han 19 Vers 13: En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
Vers 15: Maar die bose gees het geantwoord: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
Vers 16: Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle, en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
Vers 19: En verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; dit was ongeveer vyftigduisend silwerstukke werd.
Vers 24: En ‘n sekere silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ‘n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
Vers 26: En gesê: Julle sien dat Paulus mense van ons afvallig maak deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
Vers 27: Nou kan hierdie vak van ons in veragting kom, en die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit ook tot niet sal gaan.
Vers 28: En toe hulle dit hoor skreeu hulle: Groot is Diana van die Efesiërs!
Vers 29: Daarop sleep hulle Gajus en Aristarchus, wat reisgenote van paulus was, saam.
Vers 35: Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring deur te sê: Watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
1 Kor 8 Vers 4: Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat ‘n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
Vers 6: Tog is daar vir ons maar Een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Vers 7: Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.
Vers 8: Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie, want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.
Vers 9: Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie.
Vers 10: Want as iemand jou, wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?
Vers 11: En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis?
Vers 12: Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.
Vers 13: Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.
1 Kor 10 Vers 14: Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
Vers 16: Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
Vers 19: Wat sê ek dan? dat ‘n afgod iets is, en dat ‘n afgodsoffer iets is?
Vers 20: Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer, en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
Vers 21: Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
1 Kor 10 Vers 27: En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
Vers 28: Maar as iemand aan julle sê: Dit is ‘n afgodsoffer - moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete.
Vers 31: Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
1 Tim 4 Vers 1: Maar die gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvailig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang,
Vers 2: Deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
Vers 3: Wat verbied om te trou, en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.
Jes 8 Vers 21: Dan sal hulle deur die land trek beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle god vloek; dan sal hulle na bo kyk.
1 Joh 2 Vers 18: Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
Vers 22: Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die antichris wat die Vader en die Seun loën.
Vers 23: Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Vers 29: As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
1 Joh 3 Vers 8: Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
Vers 9: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat Sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Vers 10: Hieruit is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: Elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.
1 Joh 4 Vers 2: Hieraan ken julle die Gees van God: Elke Gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.
Vers 3: En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
11 Joh. 1 Vers 7: Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: Die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die antichris.
Vers 10: As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
Vers 11: Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: