Vrydag 19 Maart 2010

Gigelo - mans gehuur deur vroue

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 16 Vers 34: So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.
Vers 35: Daarom, o hoer, hoor die woord van die Here.
Vers 40: Dan sal hulle teen jou ‘n menigte laat optrek en jou stenig en jou met hulle swaarde stukkend kap.
Vers 41: Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal ‘n einde aan jou hoerery maak, en jy sal ook nie meer hoereloon gee nie.
Vers 48: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, jou suster Sodom, sy met haar dogters, het nie gehandel soos jy gehandel het, jy met jou dogters nie.
Judas 1 Vers 11: Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel, en om loon hulleself in die verleiding van Bileam gestort.
Vers 12: Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye.
Vers 13: Woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
Vers 16: Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: