Woensdag 17 Maart 2010

Wat mag jy nie sê nie?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 20 Vers 7: Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf laat bly nie.
Jer 23 Vers 32: Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, en dit rond vertel en My volk verlei met hulle leuens en hul grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie.
Vers 33: As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die Here gelas? - dan moet jy vir hulle sê: Julle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die Here.
Jer 23 Vers 34: En wat betref die profeet of volk of priester wat sê: Die Here het gelas - oor die man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
Vers 35: So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en vir sy broer: Wat het die Here geantwoord? en wat het die Here gespreek?
Vers 36: Maar van: Die Here het gelas - mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: Dat julle verdraai die woorde van die Lewende God.
Jer 23 Vers 38: Maar as julle sê: Die Here het gelas - daarom, so spreek die Here: Omdat julle hierdie woord sê: Die Here het gelas - alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die Here het gelas nie.
Vers 39: Daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en jul vaders gegee het, van My aangesig af wegwerp;
Exo 21 Vers 17: Hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
Exo 22 Vers 28: Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
Lev 19 Vers 14: Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie, maar jy moet jou God vrees.
Lev 20 Vers 9: Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Sy bloedskuld is op hom.
Levit 24 Vers 11: Toe het die seun van die Israelitiese vrou die Naam gelaster en gevloek.
Vers 13: En die Here het met Moses gespreek en gesê: Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê, dan moet die hele vergadering hom stenig.
Lev 24 Vers 15: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
Vers 16: En wie die Naam van die Here laster, moet sekerlik gedood word. Die hele vergadering moet hom stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land. As hy die Naam laster, moet hy gedood word.
Spr 10 Vers 18: Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.
Spr 23 Vers 9: Spreek nie voor die ore van ‘n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.
Spr 26 Vers 5: Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
Matt 5 Vers 22: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die groot raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 12 Vers 36: Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Vers 37: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Matt 15 Vers 11: Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie, maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Spr 17 Vers 5: Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor ‘n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
Vers 15: Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ‘n gruwel.
Jes 45 Vers 9: Wee hom wat met sy Formeerder twis - sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy?
Matt 23 Vers 9: En julle moet niemand op die aarde vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
Vers 10: Julle moet jul ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
Mark 3 Vers 28: Voorwaar Ek sê vir julle: AI die sondes sal die mensekinders vergewe word, en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het.
Vers 29: Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: