Dinsdag 16 Maart 2010

Wapens

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rigt 20 Vers 16: Uit al daardie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met ‘n klip op ‘n haar geslinger sonder om te mis.
Rigt 1 Vers 19: En die Here was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
1 Sam 7 Vers 10: Die Here het die dag met ‘n groot geluid laat donder oor die Fillistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
1 Kron 12 Vers 2: Gewapend met die boog, wat regter en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog;
Vers 8: Dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies. En hulle was vinnig soos gemsbokke.
11 Kron 26 Vers 14: En Ussia het vir die hele kommando skilde, spiese, helms, pantsers, boë en slingervelle aangeskaf met slingerstene.
11 Kron 32 Vers 5: En hy het Milo versterk en werpspiese in menigte laat maak.
Job 39 Vers 26: Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
Spr 25 Vers 18: ‘n Knopkierie.
Spr 26 Vers 18: Vuurpyle - (pyle wat aan die brand gesteek is.)
Jer 46 Vers 4: Span die perde in, en klim op, o ruiters! en staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: