Kan ons ook Jode word? of Israeliete – deel wees van die uitverkore volk van God?
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Ester 8 Vers 17: En baie uit die volke van die land het Jode geword, want die skrik vir die Jode het op hulle geval.
Jes 14 Vers 1: Want die Here sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
Jes 56 Vers 3: En laat die uitlander wat hom by die Here aangesluit het, nie spreek en sê: Die Here sal my gewis afskei van Sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.
Vers 6: En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur Sy knegte te wees - elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en julle wat vashou aan My verbond,
Vers 7: Hulle sal Ek bring na My Heilige berg.
Joh 10 Vers 16: En Jesus sê: Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
Rom 9 Vers 24; Ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene.
Vers 25: Soos Hy ook in Hosea sê: Ek sal die wat nie My volk is nie, My volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde.
Vers 26: En in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie My volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die Lewende God.
Hand 2 Vers 6: En vreemde Jode was verbaas, want elkeen het gepraat in sy taal; uit elke nasie wat onder die hemel is.
Sag 2 Vers 11: En baie nasies sal hulle in die dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot ‘n volk wees.
Sag 6 Vers 15: En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou. (Sien: Die nuwe tempel van Jesus in inhoud.)
Hand 3 Vers 25: Toe God vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Efe 1 Vers 11: Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
Vers 12: Dat julle in die tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
Vers 13: Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Vers 17: En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was. (Die 1000 jaar van vrede.)
Vers 18: Want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
Vers 19: So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar mede burgers van die heiliges en huisgenote van God.
Efe 3 Vers 6: Dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan Sy belofte in Christus deur die evangelie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking