Maandag 15 Maart 2010

Die voorspoedige regering van die Messias (Jesus)

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 11 Vers 1: Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
Vers 2: En op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.
Vers 3: En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat Sy oë sien nie, en nie oordeel na wat Sy ore hoor nie; ((Sal oordeel volgens wat in die boeke staan, die skape aan die regterhand, die bokke aan die linkerkant.)
Jes 11 Vers 4: Maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van Sy mond en met die asem van Sy lippe die goddelose doodmaak. (Armageddon.)
Vers 5: En geregtigheid sal die gordel van Sy lendene en trou die gordel van Sy heupe wees.
Jes 11 Vers 6: Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.
Vers 7: Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os.
Vers 8: En die suigeling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.
Vers 9: Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op My hele Heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem bedek. (1000 jaar van vrede.)
Vers 10: En in die dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en Sy rusplek sal heerlik wees.
Vers 11: En in die dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus (swart nasies) en Elam en Sinear en Hamat en uit die kuslande van die see;
Vers 12: En Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
Vers 13: Dan sal die naywer van Efraim (Israel) verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.
Vers 14: Maar hulle sal die Fillistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.
Vers 15: En die Here sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur Sy gloeiende wind Sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat ‘n mens met skoene daardeur kan loop.
Vers 16: En daar sal ‘n grootpad wees vir die oorblyfsel van Sy volk wat oorbly uit Assur.
Jes 33 Vers 17: Jou oë sal die Koning in Sy skoonheid aanskou.
Vers 21: Maar daar sal die Here vir ons heerlik wees; dit sal ‘n plek van riviere wees, van breë strome.
Vers 22: Want die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons Koning: Hy sal ons verlos.
Jes 35 Vers 4: Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk! wees nie bevrees nie! kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
Vers 5: Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.
Vers 6: Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel. Want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
Vers 7: En die gloeiende grond sal ‘n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biessies.
Vers 8: En daar sal ‘n grootpad wees en ‘n weg wat die Heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir hulle sal dit wees wie die weg bewandel - selfs die dwase sal nie dwaal nie.
Vers 9: Daar sal geen leeu wees nie, en geen verskeurde dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel.
Vers 10: En die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.
Jes 42 Vers 2: Hy sal nie skreeu of uitroep of Sy stem op die straat laat hoor nie.
Vers 3: Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
Vers 9: Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
Jes 43 Vers 19: Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Vers 20: Die wilde diere van die veld sal My eer, want ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om My volk, My uitverkorene, te laat drink.
Miga 7 Vers 15: Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal Ek hom wonders laat sien.
Vers 17: Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom; hulle sal sidderende kom na die Here onse God, en hulle sal vir U vrees. (Die oorblywende antichriste.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: