GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 42 Vers 1: Daarna het hy my uitgebring na die buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê.
Vers 2: Oor ‘n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en ‘n breedte van vyftig el.
Vers 3: Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepings.
Vers 4: En voor die kamers was ‘n gang van tien el breedte, na binnetoe, honderd el lank; en hulle deure was teen die noorde.
Vers 5: En die boonste kamers was korter, want die gallery het ruimte van hulle weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes in die bouwerk.
Vers 6: Want hulle het drie verdiepings gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.
Vers 7: En daar was ‘n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.
Vers 8: Want die lengte van die kamers wat na die buitenste voorhof lê, was vyftig el; en kyk, teenoor die tempel was honderd el.
Vers 9: En onder hierdie kamers was die ingang van die oostekant af as iemand na hulle toe ingaan uit die buitenste voorhof uit.
Vers 10: In die breedte van die muur van die vorhof, na die suide toe, vooraan die afgeslote ruimte en vooraan die bouwerk, was daar kamers.
Vers 11: Met ‘n weg voor hulle, soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde toe lê, net so lank en so breed as hulle, en al die uitgange en inrigtinge soos by hulle, en soos hulle ingange.
Vers 12: So was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: ‘n Ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as ‘n mens na hulle toe aankom.
Vers 13: Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgesluite ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die Here nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
Vers 14: As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want die is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
Vers 15: En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my na die poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste toe lê, en dit gemeet al rondom.
Vers 16: Hy het die oostekant met die meetroede gemeet: Vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.
Vers 17: Hy het die noordekant gemeet: Vyfhonderd roede met die meetroede rondom.
Vers 18: Die suidekant: Vyfhonderd roede.
Vers 19: Die westekant: Vyfhonderd roede.
Vers 20: Hy het dit aan die vier kante gemeet; dit het ‘n muur gehad al rondom; die lengte was vyfhonderd en die breedte vyfhonderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.
Eseg 43 Vers 1: Toe het hy my gelei na die poort wat na die ooste kyk.
Vers 2: En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom.
Vers 4: En die heerlikheid van die Here het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê. (Jesus het nie so ‘n tempel gehad toe Hy gekruisig is nie. Hierdie tempel moet ons nog vir Hom bou voor Sy wederkoms.)
Vers 5: En die heerlikheid van die Here het die huis vervul.
Vers 7: En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van My Troon en die plek van My voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel.
Vers 10: Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.
Vers 11: Maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en die kan uitvoer.
Vers 12: Dit is die wet van die huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al rondom hoogheilig wees.
Psalm 72 Vers 7: In Sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. (Na die 1000 jaar van vrede.)
Vers 8: En Hy sal heers van see tot see en van die rivier tot by die eindes van die aarde.
Vers 9: Die bewoners van dor plekke sal voor Hom kniel, en Sy vyande sal die stof lek.
Psalm 81 Vers 16: Die haters van die Here sou kruipend na Hom toe kom;
Jer 30 Vers 18: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die Paleis sal op sy regte plek staan.
Vers 20: En Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
Eseg 36 vers 9-11: Want kyk, Ek kom na julle en wend my na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam, en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. En Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in jul vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.
Jer 23 Vers 7: Daarom kom daar dae dat hulle nie meer sal sê: So waar as die Here leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,
Vers 8: Maar: So waar as die Here leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
Jes 65 Vers 17: Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Vers 19: En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor My volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.
Jes 65 Vers 20: Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigeling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.
Vers 22: Hulle sal nie bou dat ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van My volk sal wees soos die dae van die bome (1000 jaar?) en My uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.
Vers 24: En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
Vers 25: Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op My Heilige berg nie, sê die Here.
Eseg 21 Vers 27: Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak, ook dit sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
Miga 7 Vers 11: Daar kom ‘n dag om jou mure te herbou! in die dag sal die gebied ruim wees.
Vers 12: Dit is ‘n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, tot by die Eufraat, en van see tot see, en van berg tot berg.
Sag 6 Vers 15: En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou.
Openb 22 Vers 4: En ons sal Sy Aangesig sien, en Sy Naam sal op ons voorhoofde wees.
Vers 5: En ons sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Vers 6: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig. Die Here het Sy engel gestuur om ons te toon wat gou moet gebeur.
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Openb 3 Vers 2 1: Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met my te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. (Weereens ‘n belofte om saam met Jesus te kan regeer vir ewig.)
Openb 5 Vers 9: U is geslag (Jesus) en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.
Vers 10: En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Sondag 14 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking