GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Ko13 Vers 22: Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
Vers 23: En wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.
Vers 24: Omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
Vers 25: Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.
Kol 4 Vers 1: Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ‘n Here in die hemele het.
1 Pet 2 Vers 18: Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.
Vers 19: Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.
Vers 20: Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly - dit is genade by God.
Vers 21: Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle Sy voetstappe kan navolg;
Vers 22: Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
1 Pet 2 Vers 23: Wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.
Vers 24: Wat self ons sondes in Sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
Vers 25: Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
Na jou dood
Job 3 Vers 18: Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
Vers 19: Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking