Woensdag 17 Maart 2010

Daniël sien ‘n gesig van vier diere wat uit die see opkom

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 7 Vers 1: Daniël het ‘n droomgesig gesien, en die droom opgeskrywe.
Vers 2: Die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring.
Vers 3: En vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.
Vers 4: Die eerste was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is.
Vers 5: Die tweede dier het gelyk soos ‘n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en so het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis.
Vers 6: Die derde dier was soos ‘n luiperd, en dit het vier vlerke van ‘n voël op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.
Vers 7: En daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad, dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.

Dan 2 Vers 42: En dat DIE TONE VAN DIE VOETE (10 Euro nasies) deels van yster en deels van klei is - 'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte bros wees

dAN 7 Vers 8: Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horingkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel. (Die elfde lidland gaan drie laat uitskop. Dit is die antichris waarvan die Bybel praat. Hy sal vir 42 maande verdrukking oor die aarde bewerk. En hierdie persoon sal langer as al die ander hoofde wees.) In hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek. (Hy sal die Duiwel se krag en mag hê.)
Dan 7 Vers 9: Ek het bly kyk totdat trone (Dit is moontlik Konings in die hemel, konings oor ander planete.) reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy hoof soos skoon wol; Sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Vers 10: ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die boeke is geopen.
Vers 11: Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.
Vers 12: Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.
Dan 7 Vers 13: En kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Vers 14: En aan Hom (Jesus) is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koningkryk een wat nie vernietig sal word nie. (Op Aarde.)
Vers 16: Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:
Vers 17: Hierdie vier groot diere - vier konings sal uit die aarde opstaan.
Vers 18: En die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koningkryk in besit neem tot in ewigheid.
Vers 19: Toe wou ek sekerheid kry oor die vierde dier wat van die ander verskillend was,
Vers 20: En oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en ‘n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.
Vers 2 1: Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges, en hulle oorwin.
Vers 22: Totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koningkryk in besit geneem het.
Vers 23: So het hy gesê: Die vierde dier - die vierde koningkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koningkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.
Vers 24: En tien horings - uit daardie koningkryk sal tien konings opstaan, (Tien nasies) en ‘n ander een sal na hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp. (Drie nasies sal onttrek)
Vers 25: En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd. (Drie-en-‘n-halwe jaar.)
Vers 26: Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.
Vers 27: Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koningkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koningkryk is ‘n ewige koningkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: