Vrydag 19 Maart 2010

Mans se verhoudings met hul vroue en ander mans, en slavinne

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 26 vers 34: Toe Esau 40 jaar oud was, het hy Judit en Basmat, albei Hetiete (Swart) vir hom as vroue geneem. En hulle was vir Isak en Rebekka ‘n bitter verdriet.
Gen 20 vers 2: En Abraham het vir almal gesê Sara, sy vrou, is sy suster.
Vers 12: En sy is ook werklik my suster. Sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie.
Gen 21 vers 10; Toe sê Sara aan Abraham: Jaag hierdie slavin (Sy ander vrou) en haar seun weg, want hy mag nie saam met my seun Isak erf nie.
Vers 14: En Abraham het haar weggestuur saam met die kind.
Gen 26 vers 6: En Isak het in Gerar gebly en aan almal gesê sy vrou Rebekka is sy suster.
Lev 18 vers 19: Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid (Maandstonde) om haar skaamte te ontbloot nie.
Vers 22: Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
Vers 23: En jy mag met geen dier vleeslike gemeenskap hê nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging.
Vers 29: Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
Rigt 9 vers 18: En hulle het Abimeleg, die seun van sy slavin, koning gemaak oor Sigem.
Rut 1 vers 5: En Rut was ‘n weduwee.
Rut 2 vers 7: En sy vra vir Boas: Kan ek maar are optel en insamel agter die snyers?
Vers 14: En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee.
Rut 3 vers 4: Toe sê haar skoonmoeder, Naomie, vir haar: Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; Kom dan nader en maak sy voetenent oop en gaan lê;
Vers 10: Boas sê toe: Geseënd is jy deur die Here, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aangeloop het nie.
Rut 4 vers 7: En nadat Boas die lossingsgeld betaal het,
Vers 13: So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die Here het vir haar swangerskap gegee, en sy het ‘n seun gebaar met die naam van Obed. Hy was die vader van Isai, die vader van Dawid.
1 Sam 19 vers 11: Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar Saul se dogter Migal het dit aan Dawid meegedeel; As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.
Vers 12: Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; En hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.
1 Sam 25 vers 3: En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abigail; En die vrou het ‘n goeie verstand gehad, en was mooi van aansien; Maar die man was grof en boosaardig, en hy was ‘n Kalebiet.
1 Sam 25 vers 44: Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais.
Spr 19 vers 13: ‘n Dwase seun is ‘n ramp vir sy vader, en die gekyf van ‘n vrou is ‘n aanhoudende gedrup.
Vers 14: Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die Here.
Spr 21 vers 9: Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by die twisgierige vrou in ‘n gemeenskaplike huis.
Vers 19: Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.
Efe 6 vers 5: Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing in opregtheid van julle hart, soos aan Christus.
Vers 9: En here, doen dieselfde teenoor hulle, en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: