Saterdag 20 Maart 2010

Die doop – groot of klein?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
(Moet ons nie Jesus se voorbeeld in alles volg nie? Hoekom net sommige dinge?)
Matt 3 Vers 13: Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. (Jesus was reeds in sy twintigs.)
Vers 16: En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, (dit was dus jou hele lyf in die water) en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. (Jy ontvang dus die Heilige Gees met die doop. Jesus, die Heiligste Mens ooit, het ook eers die Heilige Gees ontvang toe Hy gedoop word.)
Vers 17: En daar kom ‘n Stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
(Nou het ons ‘n ander probleem. Sondes is oorerflik. Moet ons nou klein gedoop word, soos die algemene gebruik is, of groot gedoop word soos Jesus? is Jesus nie die voorbeeld wat die hele wêreld moet volg nie?)
11 Sam 21 Vers 1: En daar was hongersnood in Israel vir drie jaar lank, en Dawid het die Here geraadpleeg, en die Here het hom meegedeel en gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibioniete omgebring het.
Vers 3: En Dawid het vir die Gibioniete gevra: Wat kan ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat ju1le Israel kan seën?
Vers 7: Hulle sê toe: Laat sewe manne van koning Saul se seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die Here kan ophang. En koning Dawid het hulle gegee.
Vers 9: En hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibioniete, wat hulle opgehang het voor die Aangesig van die Here.
Vers 14: En daarna het God hom oor die land ontferm. (Koning Saul se sondes was dus op sy kinders. Hulle moes sterf vir iets wat hul pa gedoen het.)
Openb 20 Vers 12: En die dode, klein en groot, (die klein seën is dus uiters belangrik, ons het ons vaders se sondes tot aan die vierde geslag) sal voor God staan en die boeke sal geopen word. (Waarop ons sondes aangeteken is.) En ‘n ander Boek, die Boek van die Lewe sal ook geopen word, en die dode sal geoordeel word, na wat in die boeke geskryf is, volgens hul werke. (Babas wat dood is het geen werke nie.)
Exo 20 Vers 5: Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat.
Matt 11 Vers 25: En Jesus het gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
Matt 18 Vers 5: En elkeen wat een van hierdie kindertjies in My Naam ontvang, ontvang My. (Klein seën soos die Jode?)
Matt 19 Vers 13: Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.
Vers 14: Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die Koninkryk van die hemele.
Vers 15: En Hy het hulle die hande opgelê. (Nie gedoop nie. Klein seën.)
Matt 28 Vers 19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; (Dit sal grootmense wees wat nooit gedoop is nie. dit staan nêrens dat hulle kindertjies moes doop nie. Jesus self het net die hande opgelê op die kindertjies, en sê Self: Maak dissipels en doop hulle.)
Mark 1 Vers 5: En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, (Johannes) en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. (Wereens, ‘n baba kan nie sy sondes bely nie.)
Vers 8: Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. (Die Gees kom met die doop.)
Mark 9 Vers 37: Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in My Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het. (Israel het ook die gebruik om klein kindertjies net aan God voor te stel, nie te doop nie.)
Mark 16 Vers 16: Hy wat glo en hom laat doop ( ‘n Baba kan nie glo nie, en kan homself nie laat doop nie) sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Vers 17: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek. (Babas kan nog nie praat nie.)
Vers 18: Slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. (Babas kan nog nie vir iemand die hande oplê en bid nie.)
Lukas 1 Vers 15: (Johannes) Want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. (Dit is dus ‘n uitsondering. Dit wil voorkom of die Gees eers ontvang sal word met die doop wanneer jy groot is en self kan besluit, soos met Jesus.)
Luk 2 Vers 21: En toe agt dae vervul was, dat hulle die kindjie sou besny, het hulle hom Jesus genoem. (Nie gedoop nie.)
Vers 22: En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om hom aan die Here voor te stel. (Dus net ‘n voorstelling. Geen doop nie.)
Vers 23: Soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word.
Vers 24: En om die offer te gee volgens die wet van die Here: ‘n Paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
Vers 27: En Hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet. (Nie doop nie, maar voorstelling aan God.)
Luk 3 Vers 3: En Johannes het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig.
Vers 8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Luk 3 Vers 16: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie - Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Vers 21: En toe die hele volk gedoop, en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan.
Vers 22: En die Heilige Gees het in die gedaante van ‘n duif op Hom neergedaal.
Joh 3 Vers 3: En Jesus sê vir hom: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou: As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die Koninkryk van God nie sien nie.
Vers 4: Nikodemus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word?
Vers 5: En Jesus sê: As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die Koninkryk van God nie ingaan nie. (Gedoop met water in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is die wedergeboorte.)
Joh 4 Vers 2: Alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar Sy dissipels.
Luk 18 Vers 15: En hulle het ook die klein kindertjies na hom gebring, sodat hy hulle kon aanraak.
Hand 2 Vers 38: En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. ( ‘n Baba verstaan nog nie eers nie, hoe kan hy homself bekeer? en weereens, die gawe van die Heilige Gees kom met die doop.)
Vers 39: Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
Hand 8 Vers 14: En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Vers 15: Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang. ;(Let wel, hulle was apostels, of in ander woorde dissipels, maar hulle het nie die Heilige Gees gehad nie. Dit kom met die doop, en die handoplegging deur die ouderlinge.)
Vers 16: Want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Vers 17: Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Vers 36: En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water, wat verhinder my om gedoop te word?
Vers 37: En Filippus sê vir hom: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord: Ek glo dat Jesus Christus die seun van God is.
Vers 38: En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim; Filippus en die hofdienaar, en hy het hom gedoop. (Dit is dus nie geoorloof om jou te laat doop indien jy nie met jou hele hart glo nie. ‘n Baba kan nie glo nie, en kan ook nie bely dat hy aan Jesus glo nie.)
Han 16 Vers 30: En hy het gevra: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
Vers 31: En hulle sê: Glo in die Here Jesus Christus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Vers 32: En hulle het aan hom en aan almal in sy huis die woord verkondig.
Vers 33: En nog in dieselfde nag is hy gedoop, hy en al sy mense. (Nêrens in die Bybel staan dat jy ‘n kind moet doop nie. Ek neem aan al sy mense was oor 'n sekere ouderdom.)
Han 19 Vers 1: En in Efese het Paulus sommige van die dissipels gevind.
Vers 2: En hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? en hulle antwoord: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. (Die Heilige Gees kom dus nie vanself op jou as jy gelowig word nie.)
Vers 3: En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? en hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
Vers 5: Toe is hulle gedoop in die naam van die Here Jesus.
Vers 6: En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Han 22 Vers 16: En nou, waarom versuim jy? staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. (Jou sondes word dus vergewe by die doop. 'n Baba kan nie die Here aanroep nie.)
Efe 4 Vers 4: Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping:
Vers 5: Een Here, een geloof, een doop. (Hoekom doen die susterskerke dit dan anders vandag?)
1 Kor 12 Vers 13: Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam; ons is almal van een Gees deurdronge.
Ga13 Vers 27: Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Vers 28: Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
Vers 29: En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham, en volgens die belofte erfgename.
1 Pet 3 Vers 21: Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete - deur die opstanding van Jesus Christus.
Tit 3 Vers 5: Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte (Nie besprinkel met water nie) en die vernuwing deur die Heilige Gees.
Vers 7: Sodat ons, geregverdig deur Sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: