Sondag 21 Maart 2010

Het jy ‘n beskermengel?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Psalm 91 Vers 1: Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Vers 4: Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy vleuels sal jy skuil; Sy trou is ‘n skild en pantser.
Vers 5: Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie.
Vers 6: Vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91 Vers 7: Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie.
Vers 8: Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Vers 9: Want U, o Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou toevlug gemaak.
Vers 10: Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Vers 11: Want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Vers 12: Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Vers 13: Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Vers 14: Omdat hy My liefhet, spreek God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken. (Wat is ons God se Naam? Vra jou predikant. Hulle steek dit vir ons weg.)
Vers 15: Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Vers 16: Met lengte van dae sal ek hom versadig, en Ek sal hom My heil laat sien.
Jes 30 Vers 21: En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Jes 50 Vers 8: Hy is naby wat my reg verskaf. Wie wil met my ‘n regsaak begin? - laat ons saam optree! wie is my teëparty? Laat hom nader kom na my toe.
Vers 9: Kyk, die Here Here help my: Wie is dit wat my kan veroordeel? kyk, hulle sal almal verslyt soos ‘n klee; die mot sal hulle eet.
Jes 50 Vers 10: Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van Sy kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!
Matt 18 Vers 10: Pas op dat julle nie een van hierdie kindertjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die Aangesig sien van My Vader wat in die hemele is.
Joh 5 Vers 30: Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek;
Rom 11 Vers 4: Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor baal nie gebuig het nie. (Hoe het God geweet wie is die manne? Daar was meer as 100,000. Ons word dus almal dopgehou deur iemand of iets of ‘n engel. Elke daad van ons sal later bekend wees by God, op die oordeelsdag. Of dit nou ‘n goeie of slegte daad was, alle dade.)
Pred 5 Vers 7: As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land - verwonder jou nie oor die saak nie, want ‘n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle. (Praat hier van hemelse wesens.)
Vers 25: Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Vers 26: Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
Job 5 Vers 19: In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
Vers 20: In hongersnood verlos Hy jou van die dood, en in die oorlog uit die mag van die swaard.
Vers 21; As die tong gesel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
Vers 22: Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die veld hoef jy nie te vrees nie.
Vers 23: Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
Vers 24: En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
Vers 25; Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is, en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
Vers 26: Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ‘n koringgerf ingebring word op sy tyd.
Vers 27: Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit. Hoor dit, en neem jy dit ter harte.
Spr 15 Vers 3: Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Spr 15 Vers 11: Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Luk 12 Vers 2: En daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie; en verborge wat nie bekend sal word nie.
Vers 3: Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word. En wat julle in die oor gepraat het, in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
Jer 23 Vers 24: Sou iemand hom in skuilplekke kon wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie?
Nahum 1 Vers 3: Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.
Nahum 1 Vers 7: Die Here is goed; ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
Sag 4 Vers 10: Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe - die oë van die Here wat die ganse aarde deurloop - met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbabel.
Matt 6 Vers 17: Maar as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is, en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
11 Kron 16 Vers 9: Want die Here - Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.
Psalm 17 Vers 12: As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? en Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete en Hy vergeld die mens na sy werk.
Pred 10 Vers 20: Vloek die koning selfs in jou gedagtes nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.
Deut 32 Vers 30: Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat die Here hulle oorgelewer het nie.
Psalm 50 Vers 15: En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
1 Kon 8 Vers 18: Het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir My naam ‘n huis te bou - daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.
Psalm 33 Vers 18: Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag.
Vers 19: Om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psalm 34 Vers 8: Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Matt 26 Vers 53: Of dink jy dat Ek nie nou My Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
Spr 20 Vers 27: Die gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste. (Dit is dus die Heilige Gees in ons wat elke daad, goed of sleg, sal openbaar.) Isa 30:20 And though the Lord give you the bread of adversity, and the water of affliction, yet shall not thy teachers be removed into a corner any more,
but thine eyes shall see thy teachers: (Die engele wat ons beskerm is by ons, maar onsigbaar.)
Isa 30:21 And thine ears shall hear a word behind thee, saying, This is the way, walk ye in it, when ye turn to the right hand, and when ye turn to the left.


AFTREDE
Luk 12 Vers 19: En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. (Aftree)
Vers 20: Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereed gemaak het, wie s ‘n sal dit wees?
Vers 21: So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
(Die woord aftree kom nie in die Bybel voor nie. Ons is veronderstel om lewenslank te werk terwyl ons kan.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Wat mag jy nie op die sabbat doen nie?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Exo 16 Vers 23: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, ‘n Heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit. Wat julle wil kook, kook dit, en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe. (Maak jou Sondag se kos klaar op die vorige dag.)
Vers 29: Kyk, omdat die Here julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek weggaan nie.
Lev 23 Vers 32: Van aand tot aand moet julle jul sabbat hou.
Exo 20 Vers 8: Gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig.
Vers 9: Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
Vers 10: Maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie.
Vers 11: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus, daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Exo 23 Vers 10: En ses jaar lank moet jy jou land besaai; en die opbrings daarvan insamel;
Vers 11: Maar in die sewende jaar moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen ook met jou wingerd en jou olyfbome.
Vers 12: Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.
Exo 31 Vers 14: Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
Exo 31 Vers 16: En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
Exo 34 Vers 21: Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Exo 35 Vers 3: Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.
Levit 19 Vers 30: Julle moet My sabbatte hou en My heiligdom ontsien.
Levit 26 Vers 34: Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
Jes 56 Vers 2: Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
Vers 3: En laat die uitlander wat hom by die Here aangesluit het, nie spreek en sê: Die Here sal my gewis afskei van Sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.
Vers 4: Want so sê die Here aan die ontmandes wat My sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan My verbond;
Vers 5: Ek sal aan hulle in My huis en binnekant My mure ‘n gedenkteken en ‘n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
Vers 6: En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur Sy knegte te wees - elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan My verbond,
Vers 7: Hulle sal Ek bring na My Heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed.
Neh 10 Vers 31: En as die volke van die land koopware en allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op ‘n Heilige dag nie; en dat ons in die sewende jaar die land braak sal laat lê en van elke skuldvordering afsien.
Neh 13 Vers 15: En ek het mense gesien wat op die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring, en ek het hulle gewaarsku.
Vers 16; En hulle het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.
Vers 17: En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig?
Vers 18: Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en die stad al hierdie onheil gebring het nie?
Vers 2 1: En ek het hulle belet om in die stad te kom op ‘n sabbatdag, en hulle het voor die muur oornag, totdat ek vir hulle gesê het: As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van die tyd af het hulle nie meer op die sabbatdag gekom nie.
jes 58 Vers 13: As jy jou voet terughou van die sabbat - om nie jou sake op My Heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die Heilige dag van die Here hoog hou, en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of eidele taal spreek nie,
Vers 14: Dan sal jy jou verlustig in die Here, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob;
Jer 17 Vers 21: So spreek die Here: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring in die poorte van Jerusalem nie.
Vers 22: Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie.
Matt 12 Vers 1: In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. (Dit is geoorloof).
Vers 5: Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie? (Indien u dus werk vir die Here op ‘n sabbat, is dit nie sonde nie.)
Vers 11: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ‘n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?
Vers 12: Hoeveel meer is ‘n mens dan nie werd as ‘n skaap nie! so is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.
Mark 2 Vers 27: En Jesus sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.
Luk 13 Vers 15: Toe antwoord die Here hom: Geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of sy esel van die krip los, en lei hom weg om hom te laat drink nie? (Dit is toelaatbaar.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com )

DIE EIENAAM VAN ONS GOD



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 10:13 (Oorspronklike Hebreeus) Elkeen wat die Naam van Jahweh aanroep, sal gered word. (So kom die eienaam van ons God. Jahweh duisende kere voor in die oorspronklike Hebreeus en Grieks.)
Psa 83:18 (Old King James Bybel) That men may know that Thou, whose Name is Jahweh, art the most high over all the earth.
Isa 12:12 Behold. God is my salvation; I will trust, and not be afraid: for the Lord Jahweh is my strength. ens ens.
Hoe het dit gekom dat die Afrikaanse Bybel God se Persoonlike Naam uitgelaat het, en dit vervang het met Here, wat ook gemakshuisie beteken? (Op toiletdeure: Dames en Here.)
Soos u weet, Satan is los op die aarde, en is dit miskien sy wraak op wat gebeur het in:
11 Kon 10:27 En hy het die klippilare van Baal afgebreek, en Baal se tempel afgebreek, en daar gemakshuisies (toilette) van gemaak.
Satan het dit nou reggekry dat ons predikante dit toelaat dat ons ons God dieselfde naam gee as ‘n gemakshuisie. Die ergste van alles, dis net die Afrikaanse vertaling wat Sy Eienaam uitlaat in ons hele land.
Lev 22:32 En ontheilig My Heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word.
Die wêreldraad van kerke. waarvan ons kerke lid is, het besluit daar moet ‘n eenwêreld godsdiens wees, ter wille van vrede, Want ons almal aanbid mos dieselfde god! Hoe belaglik! Reg in die hande van Satan! Nou sien u hoekom ons God wil hê ons moet Sy Naam ken! Noudat u weet, kan u u uitsonder van die afgodsdienaars van die aarde.
In menseverhoudinge is dit uiters belangrik dat jy iemand op sy naam noem. Gaan noem maar vannaand u vrou met ‘n ander vrou se naam, en kyk wat gebeur. Ons God, Jahweh, wil hê ons moet Hom alleen aanbid, en hoe sal Hy voel as jy Hom aanroep op ‘n ander naam? As dit ek of u was wat in die straat afstap, sal ons nie eers omkyk as iemand ons op ‘n ander naam roep nie.
Exo 3:15 (Regte vertaling.) Jahweh. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My gedenknaam van geslag tot geslag. (Hebreeus: Y H W H Yahweh)
Op 14 Aug 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. (G R A.) Op die jaarvergadering van 24/8/1878 is daar ‘n pleidooi vir die vertaling van die Statebybel in Afrikaans gelewer, en in beginsel goedgekeur.
Na ‘n stilte van 6 jaar is die saak in 1884 weer aangeroer. Die G R A het besluit om dit uit die oorspronklike tale te vertaal, met inagneming van die Statebybel. Die vertaalwerk is aan S J du Toit, destyds direkteur van onderwys in Transvaal opgedra, en daar is besluit om die Eienaam Jahweh of Jehowah deurgaans te behou, en dat dit nie deur Here of God vervang sal word nie.
Die vertaling van S J du Toit het nie in die Afrikaners se smaak geval nie, en na sy dood in 1911 is daar aanbeveel dat die Hollandse kerke in Suid - Afrika die Bybel in Afrikaans vertaal, en in 1916 is ‘n kommissie aangestel vir die taak.
Dr B Keet en Dr J D du Toit (seun van S J du Toit) het gepleit dat die Bybel nie uit die grondteks nie, maar uit die Statebybel vertaal moes word, en op 22/11/1916 is die voorstel aangeneem.
‘n Voorbeeld van die direkte oorsetting uit die Statevertaling deur Dr J D du Toit het in Het Kerkblad van 15/10/1916 veskyn, en onder andere dat : "Die Eienaam Jehowah word Here geskrywe."
Met die gevolg dat al die vertalings daarna, selfs in die 1933 vertaling, kom die Eienaam Jahweh of Jehowah nie ‘n enkele keer voor nie.
In Huisgenoot van 18/8/1970 het Prof A H van Zyl gesê: As ons vir seker geweet het hoe om hierdie Eienaam (wat in Hebreeus deur die letters Y H W H aangedui is uitgespreek moet word, kon ons dit dienoorkomstig weergegee het, maar nou is die kennis gebrekkig. Dit kon Jahwêh gewees het. Is dit redelik? Nee. Ander eiename soos bv die van Jesus is uitgespreek as Jesjoea of Jehosjoea. In Grieks Iesous, in Spaans Ge-soes, Zulu Ujesu, maar nogtans klink dit naastenby dieselfde. Hoekom dan die Eienaam van die enigste Lewende God misken? En Hom soos die afgode aanspreek? Jahweh het Homself ‘n Naam gegee om Hom van die afgode te onderskei. Watter mens het die reg Om Sy Heilige Naam uit Sy eie Boek te verwyder?
Fil 3:19 en 1 Kor 8:5 Daar is baie gode. (Hoekom ons God ook soos hulle noem? god? Watter god?)
Die sekretaris van die New International Bible sê: In hierdie vertaling het ons die ortodokse Joodse tradisie gevolg, (ons is mos nie almal Jode nie!) en die Naam Jahweh deur die Here, en die Here Jahweh deur die Here God vervang.
Edwin H Palmer, Th.D, die sekretaris, verstrek die rede hiervoor: "U het reg wanneer u sê dat Jahweh ‘n onderskeidende Naam vir ons God is, en eintlik moes ons dit gebruik het, maar hierdie vertaling het ons 2.5 Miljoen gekos, en ‘n gewisse manier om dit in die water te gooi, is om bv Psa 23 te vertaal as: Jahweh is my herder. Niemand sal dit gebruik nie. (Mammon, die god van hierdie aarde wen nog steeds.) Daar gaan eendag ‘n groot verduideliking gevra word van ons predikers hoekom hulle kon toelaat dat ons God se Naam, Jahweh, geskryf in Hebreeus Y H W H vir hele nasies verberg is, en deur nie aan te dring om dit terug te plaas in die Bybel nie. Ons predikante het ons God, Jahweh, se Naam uit Sy eie Boek verwyder.
Tot onlangs het die herdrukke van die Halleluja die Naam Jehowah bevat, soos bv lied 475:2 "Vra u Sy Naam, so weet, dat Hy Jehowah heet."
Verwysings na Jahweh word ook gevind - Die gesaghebbende woordeboek van die Afrikaanse Taal sê onder Jawe(h) "Die Naam van die God van Israel." Die Afrikaanse woordeboek van J H Terblanche sê onder Jehova: Die ewige God, die God van Israel, Jahweh. Die Kennis Ensiklopedie (1979, DI. 1, BL 18: "Waar ander volkere afgodery beoefen het, het die Israeliete die Een, ware God Jawe, aanbid. Die nuwe Geskiedenis vir standard 5 deur H Lambrechts, hoofstuk 5: Die Jode was die enigste volk wat nie aan afgodery geglo het nie. Hulle God is bekend as Jehova.
Die gemelde uittreksels toon dat die geleerdes bewus is van die Goddelike Naam Jahweh. Waarom word die Goddelike naam Jahweh nooit in ons kerke gehoor nie? IS AL ONS PREDIKANTE DAN ONDER BEVEL VAN SATAN? Hoekom verplig hulle nie die Bybelgenootskap om niks uit Die Bybel weg te laat nie? Die N G Kerk in Robertson se hoeksteen het die Naam Jehova daarop.
Die kerksaal van die N G in Otjiwarongo het die Naam Jehovah daarop.
Die N G Kerk se hoeksteen op Laingsburg: Jehovah - Jireh.
Die ou N G in Lindley: Jehova. ens. ens.
Hoekom is daar dan net sommige Bybels in S A wat die Goddelike Naam Jahweh bevat? Die Naam kom duisende kere in hierdie Bybels voor: Die Bybel in Zulu: uJehova. Sotho: Jehova Xhosa: u Yehova. Venda: Yehova. Vra gerus enige swartman om sy Bybel, en kyk bv Exo 6:2,3. Hierdie vertalings is deur dieselfde mense uitgegee wat ook ons Bybels uitgee, nl. Die Bybelgenootskap van S A.
Geen wonder ons land is in so ‘n toestand nie. Het Jahweh dalk reeds Sy hand van Suid Afrika weggeneem OMDAT ONS HOM NIE KEN NIE?
In Engels word ons God ook "Lord" genoem, soos op die toilette. Dit is wat ons ons God noem. Ons sê ook: "So dronk soos ‘n Lord." Bedoel ons daarmee so dronk soos ons God?!!!!
Psa 91:14 Spreek Jahweh: Ek sal hom beskerm omdat hy My Naam ken. Asook: Almal wat My Naam aanroep sal gered word. (SY NAAM IS VERSEKER NIE GOD NIE!!)
Ek het nou die dag vir ‘n ouderling gevra: "Wat is jou God se Naam?" Hy het nie geweet nie. Die predikante steek dit selfs vir HULLE weg. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )