Sondag 21 Maart 2010

Kan ons maar sonde doen, en word dit altyd vergewe?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Exo 34 vers 7: Ek is ‘n God wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie. Wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. (Dit is hoekom babas en jongmense sieklik is en doodgaan.)
Jes 55 vers 6: Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Vers 7: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Vers 9: Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.,
Gen 4 vers 7: En God sê: Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Num 14 vers 18: Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Deut 29 vers 20: Die Here sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die Here en Sy ywer teen die man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die Here sal sy naam onder die hemel uitdelg.
Josua 2 vers 1: Daarop het Josua in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur na Jerigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van ‘n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.
Vers 3: Die koning van Jerigo stuur toe manne na haar om haar mee te deel dat die manne daar is om die land te verken.
Vers 4: Maar sy het die manne weggesteek.
Vers 12: Sy sê toe: Sweer tog nou, terwyl ek julle ‘n guns bewys het, julle ook aan my familie ‘n guns sal bewys, en die manne het gesweer.
Vers 18: Die manne sê toe aan haar sy moet die rooi lyn waarmee sy hulle laat afsak het, om haar venster vasbind.
Josua 6 vers 2 1: En alles wat in die stad was, het hulle met die skerpte van die swaard en met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, ook die beeste en skape.
Vers 25: Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe saam met haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het om Jerigo te verken.
Rigt 10 vers 13: Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
Vers 14: Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het. Laat die julle verlos in die tyd van benoudheid.
Rigt 11 vers 1: En Jefta was die seun van ‘n hoer, en sy broers het hom uit die huis gejaag.
Vers 7: Die oudstes van Gilead vra hom toe om hulle leier te wees in ‘n oorlog teen Ammon, dan kan hy hoof wees oor al die inwoners van Gillead.
Vers 29: En die Here het hom geseën, en hy het gewen, en hoof geword. (Maak nie saak wat jou ouers is of gedoen het nie, jy het dieselfde kans as enigiemand anders in die lewe, behalwe as die Vader jou voorgeslagte se straf op jou laat neerkom.)
Rigt 12 vers 7: En Jefta het Israel ses jaar lank gerig.
Rigt 16 vers 17: En Simson het aan Delila te kenne gegee dat sy swakheid in sy hare lê, en sy het sewe lokke afgesny.
Vers 21: Daarop het die Fillistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek. (Hy mag aan niemand sy geheim vertel het nie.)
1 Sam 2 vers 25: As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom. Maar as ‘n mens teen die Here sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die Here wou hulle ombring.
Vers 30: Daarom, spreek die Here die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor My aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die Here: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
11 Sam 12 vers 1: Daarom het die Here Natan na Dawid gestuur.
Vers 10: En omdat jy dit gedoen het, sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het, en die vrou van Uria, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
Vers 13: En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die Here! En Natan sê vir Dawid: So het die Here dan ook u sonde vergewe: U sal nie sterf nie. (Maar die Vader het hom verskriklik gestraf daarna.)
Vers 14: Maar die kind wat vir u gebore is, sal sekerlik sterwe. (En die kind het gesterwe.)
Vers 24: Daarna het Dawid sy vrou Batseba (hy het haar man vermoor om met haar te trou) getroos, en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het weer ‘n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem, en die Here het hom liefgehad. (En hy het koning geword oor Israel.)
1 Kon 19 vers 18: Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly. Al die knieë wat nie voor baal gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie. (Die Vader weet alles wat jy doen en nie doen nie, deur die Heilige Gees wat in jou is.)
1 Kon 21 vers 27: En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed om sy lyf gebind en gevas. Hy het ook met ‘n roukleed geslaap en stadig rondgeloop.
Vers 28: Toe kom die Woord van die Here tot Elia en së:
Vers 29: Het jy gesien dat Agab hom voor My aangesig verneder het? Omdat hy hom voor My aangesig verneder het, sal ek die onheil in sy dae nie bring nie. In die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.
Psalm 86 vers 5: Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
Psalm 103 vers 2: Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie!
Vers 3: Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees.
Vers 10: Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
Vers 11: Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is Sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
Vers 12: So ver as die Ooste verwyderd is van die Weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. (Maar dan moet jy ophou daarmee.)
Vers 13: Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.
Psalm 130 vers 3: As U Here, die ongeregtigheid in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?
Vers 4: Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.
Jer 5 vers 7: Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel by die hoerhuis.
Vers 8: Soos vetgevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.
Vers 9: Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die Here, of sou My Siel Hom nie wreek op ‘n nasie soos hierdie een nie?
Amos 8 vers 7: Die Here het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.
Nahum 1 vers 3: Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie.
Mal 1 vers 4: As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou - dan sê die Here dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die Here vertoornd is tot in ewigheid!
Matt 6 vers 15: Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Mark 3 vers 28: Voorwaar Ek sê vir julle: Al die sondes sal die mensekinders vergewe word, en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het.
Vers 29: Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel.
Mark 11 vers 26: Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
Luk 23 vers 42: En een van die kwaaddoeners wat saam met Jesus opgehang is, sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in die koninkryk kom.
Vers 43: En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
Joh 1 vers 29; Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Joh 3 vers 15: Sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Vers 16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
Vers 17: Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Vers 18: Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Vers 19: En dit is die oordeel: Dat die Lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die Lig; want hulle werke was boos. (Vandag weer.)
Vers 20: Want elkeen wat kwaad doen, haat die Lig, en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Vers 21: Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
Joh 3 vers 36: Hy wat die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom. (Let wel, ongehoorsaam is!)
Han 13 vers 39: En dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
Vers 47: Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
Han 26 vers 10: En Paulus sê: Dit het ek ook in Jerusalem gedoen: En ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het, en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.
Vers 11: En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster. (En Paulus was daarna deur God uitverkies om ‘n dissipel te word.)
Rom 6: Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
Vers 1: Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
Vers 2: Nee, stellig nie! ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Vers 4: Omdat Christus vir ons gesterf het, moet ons in ‘n nuwe lewe wandel.
Vers 6: Ons ou liggaam is gekruisig saam met Jesus, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak is, en nie meer die sonde sou dien nie.
Vers 12: Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers nie en julle aan sy begeerlikhede nie gehoorsaam sou wees nie.
Vers 13: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dood lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Rom 6 vers 14; Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Vers 16: Julle is diensknegte van hom wat julle gehoorsaam is - of van die sonde tot die dood, of van die gehoorsaamheid tot die geregtigheid.
Vers 18: Vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
Vers 19: Net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid en heiligmaking.
Vers 22: Nou dat julle vrygemaak is van die sonde het julle uiteindelik die ewige lewe.
Rom 7 vers 5: Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
Rom 7 vers 19: Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
Vers 20; Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
Vers 26: So dien ek self dan met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.
Rom 8 vers 5; Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Vers 6; Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.
Vers 10: Maar as die Gees van Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die Gees is lewe vanweë die geregtigheid.
Rom 8 vers 13: Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Vers 14: Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God.
Vers 17: En as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Vers 18: Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Vers 19: Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. (Ons wat weggeraap word. Niemand weet wie ons is nie, slegs Jesus en God.)
Vers 27: En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die Heilige Gees intree.
Vers 3 1: As God dan vir ons is, wie kan teen ons wees?
Kol 1 vers 13: Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde,
Vers 14: In wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnis van sondes.
Vers 2 1: Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen.
Vers 22: In die liggaam van Sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel.
Heb 6 vers 4: Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak het, en die Heilige Gees deelagtig geword het,
Vers 5: En die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
Vers 6: En afvallig geword het - om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
Vers 7: Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
Vers 8: Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie, en is naby die vervloeking - die einde daarvan is verbranding.
Heb 10 vers 26: Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie.
Vers 27: Maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel.
Vers 28: As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie.
Vers 29: Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein ag, en die Gees van genade gesmaad het?
Jak 5 vers 19: Broeders, as een van julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
Vers 20: Laat hy weet dat iemand wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.
11 Pet 2 vers 20: Want as hulle, nadat hulle van die kennis van die Here en saligmaker, Jesus Christus, die besmetting van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
Vers 21: Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Vers 22: Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
1 Joh 1 vers 6: As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
Vers 7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde. (Dan alleenlik.)
Vers 8: As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
Vers 9: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Vers 10: As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is Sy woord nie in ons nie.
1 Joh 2 vers 2: En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s‘n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.
1 Joh 5 vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar jy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Mal 2 vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: waarom? Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle Gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Ma12 vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou Gees, en wees nie ontrou nie.
Eseg 18 vers 21: Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al My insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Vers 22: Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.
Mal 2 vers 24: Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en wandel volgens al die gruwels wat die goddelose doen - sal hy lewe? Aan al sy geregtigheid wat hy gedoen het sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sondes wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Vers 26: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan. Deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Vers 27: En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen - hy sal sy siel in die lewe behou.
Eseg 33 vers 10: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg. Hoe kan ons dan lewe?
Vers 11: Sê vir hulle: EK het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom moet bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe!
Vers 12: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
Vers 13: As ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtigheid nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
Vers 14: En as ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe - en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen –
Vers 15: Gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie - dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Vers 16: AI sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.
Vers 18: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
Vers 19: As die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid, en reg en geregtigheid doen, dan sal hy as gevolg daarvan lewe.
11 Sam 11 vers 4: En koning Dawid het owerspel gepleeg met Batseba.
Vers 5: En die vrou het swanger geword.
11 Sam 12 vers 14: En Natan sê vir Dawid: Die Here het u sonde vergewe, maar die kind sal sekerlik sterwe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Vers 18: En op die sewende dag het die kind gesterwe.

Het God ook partykeer berou oor wat Hy gesê het?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

1 Kron 21 Vers 15: En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die Here dit gesien ,EN DIT HET HOM BEROU oor die onheil. En Hy het aan die engel gesê: Genoeg! Trek jou hand terug!
Gen 6 Vers 7: En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
Jer 15 Vers 6: Jy het My verwerp, spreek die Here, jy het al agteruitgegaan; daarom strek Ek My hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.

Jer 18 Vers 8: Maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
Jer 42 Vers 10: As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.
Amos 7 Vers 3; Toe het die Here berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die Here gesê.
Vers 6: Die Here het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here Here gesê.
Jona 3 Vers 10: En God het hulle werke gesien, en dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
Jona 4 Vers 1: Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword.

(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )