Donderdag 29 Desember 2022

Die nuwe Hemel en die Nuwe Aarde. DIE BYBEL IN ONDERWERPE.

Die nuwe hemel en die nuwe aarde. (Eers kom die 1000 jaar van vrede op aarde met Jesus se wederkoms. Daarna gaan ons na die nuwe hemel en nuwe Aarde..)


LEES HIERDIE BOEK VAN VOOR AF DEUR ANDERS SAL U NIE VERSTAAN NIE. GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY..


Openb 20 vers 11: Die hemel en die aarde sal vergaan.
Openb 21 vers 1: En daar sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wees. Die eerste hemel en aarde sal daar nie meer wees nie, en daar sal ook nie ‘n see wees op die nuwe aarde nie. (Heeltemal 'n nuwe planeet. Ons sal daarheen geneem word.)
Vers 2: En die Heilige stad, die nuwe Jerusalem, wat in die hemel gebou is, sal neerdaal uit die hemel.
Heb 12 vers 22: Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die Lewende God, die Hemelse Jerusalem en tienduisende engele.
Heb 13 vers 14: Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
Openb 21 vers 3: Die Tabernakel van God kom nou na die mense, en God sal by hulle wees as hulle God.
Vers 4: Niemand sal meer huil nie, daar sal geen dood meer wees nie, geen geween of moeite nie. (Die heiliges wat nie die 666 aanvaar nie, sal hierdie nuwe aarde beërwe.)
Vers 5: En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Vers 7: Hy wat oorwin sal alles beërwe en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees. (Wat 'n verskriklike voorreg om die seun van God genoem te word!!!)
Vers 8: Maar die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars, sal dit nie beërwe nie. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel. Dit is die tweede dood.
Openb 22 vers 4: En hulle sal Sy aangesig sien, en Sy naam sal op hulle voorhoofde wees.
Vers 5: En na die duisend jaar (Op die nuwe planeet) sal daar nie meer nag wees nie, en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig. En hulle sal as konings regeer tot in ewigheid.
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Vers 16: Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeente te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Matt 25 vers 34: Dan sal die Koning, aan die wat aan Sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk van My Vader.
Vers 35: Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee. Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee. Ek was naak, en julle het My geklee. Ek was siek, en julle het My besoek. Ek was in die gevangenis, en julle het na My gekom.
Vers 37: Dan sal die regverdiges Hom vra: Wanneer het ons al hierdie dinge vir U gedoen, Here?.
Vers 40: En die Koning sal antwoord: Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Vers 41: Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
11 Pet 3 vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
11 Kor 5 vers 1: Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
Vers 2: Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word.

Die nuwe Jerusalem - stad van God op die nuwe aarde

Openb 21 Vers 11: En die heerlikheid van God sal daarin wees.
Vers 12: Dit sal 12 poorte hê wat bewaak word deur 12 engele, en die 12 stamme van israël se name sal daarop wees. Drie poorte aan al 4 kante.
Vers 14: Twaalf fondamente met die name van die 12 apostels.
Vers 16: Die stad sal 1500 myl lank, 1500 myl breed, 1 500 myl hoog wees.
Vers 18: Die stad sal wees van suiwer goud. Vers 19: Die eerste fondament van jaspis, die volgende van saffier, dan chalcedoon, dan smarag, dan sardoniks, dan sardius, dan chrisoliet, dan beril, dan topaas, dan chrisopraas, dan hiasint, en die twaalfde ametis.
Vers 24: En die nasies, van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel.
Vers 25: Nag sal daar nie meer wees nie, en sy poorte sal nooit gesluit word nie.
Vers 27: En daar sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. (Jesus).
Openb 22 Vers 1: Daar sal ‘n rivier uitvloei uit die troon van God en Jesus. Die rivier van die lewe.
Vers 2: Weerskante van die rivier die boom van die lewe, (Soos in Adam en Eva se tyd) wat elke maand vrugte dra, en sy blare sal die nasies genees.
Vers 4: En ons sal Sy Aangesig sien, en Sy Naam sal op ons voorhoofde wees.
Vers 5: En ons sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Vers 6: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig. Die Here het Sy engel gestuur om ons te toon wat gou moet gebeur.
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Vers 8: En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het.
Vers 10: En die engel het aan my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
Vers 11: Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen, en laat die regverdige nog regverdiger word, en die heilige nog heiliger.
Vers 12: Ek kom gou, en My loon is by My;, om elkeen te vergeld soos sy werke was.
Vers 14: Salig is hy wat die gebooie onderhou, sodat hy kan reg hê op die boom van die lewe, en ingaan deur die poorte in die stad.
Vers 15: Geen sondaar sal in die stad kan ingaan nie, geen towenaars, hoereerders, moordenaars, afgodedienaars of iemand wat leuens liefhet nie.
Vers 16: Ek, Jesus het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle bekend te maak.
Vers 17: En God en Jesus en die Heilige Gees sê kom! en laat hom wat hoor sê kom! en laat hom wat dors het kom, en laat hom wat wil, die water van die lewe neem - verniet!
(Ns: Ons lewe nou in die tyd wat Jesus gaan kom. In die meeste van ons se leeftyd! in die jaar 2000 is 6000 jaar verstreke vanaf die tyd van Adam. God doen alles in sewes. Die 1000 jaar van vrede sal dus ook die sewende (dag) wees.)
11 Petrus 3 Vers 8: Dat een dag by die Here soos ‘n duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Hosea 6 Vers 1: Die Here het ons verskeur, en sal ons genees, Hy het geslaan, en sal ons verbind.
Hosea 6 Vers 2: Hy sal ons na twee dae (Na 2000 jaar) lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy Aangesig kan lewe. (Die 1000 jaar van vrede. Dit is nou 1990. Oor ‘n paar jaar is die eerste twee dae (die jaar 2000) verby. Daarna kom Jesus. Ons lewe nou al bykans 2000 jaar met die gedagte: Ag, Jesus het vir my gesterf, daarom sal ek hemel toe gaan. As ek sondig, dan vra ek maar net weer om vergifnis. Dit is verkeerd !! vanaf die oomblik wat u wedergebore word, of in ander woorde glo dat Jesus vir u gekruisig is, en die Heilige Gees in u kom woon, is dit u as persoon se verantwoordelikheid om nie bewustelik te sondig nie.)
1 Joh 1 Vers 7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar, en die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.
1 Kor 15 Vers 58: Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
(Begin vandag u nuwe lewe vir ewig!! lewe volgens die skrif, en groei geestelik. Die hoofdoel is nou om u lewe te verbeter. Indien u dus aanhou met sondes soos owerspel, hoerery, diefstal, moord, leuens ens., of u aanvaar die merk van die antichris (666) oor ‘n paar jaar van nou, gaan u verseker nie die koninkryk beërwe nie. U sal nie gereed bevind word nie. Hou dus nou op met sondig en maak reg met God. Daar is nog tyd!)
Lukas 12 Vers 37: Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die Heer wakker sal vind as Hy kom.
Joël 2 Vers 12: Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart.
Vers 13: En skeur julle hart, (want hy is verhard) en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig.
Hosea 6 Vers 6: Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerhande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
Handelinge 17 Vers 11: En hierdie mense was edelmoedig. Hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang, en elke dag die skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. (Dit is al wat ek van u vra. Glo asseblief niemand nie, lees self wat sê die Bybel.)
Jakobus 1 Vers 27: Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: Om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
Jak 2 Vers 20: Maar wil jy weet of die geloof sonder die werke dood is?
Vers 21: Is Abraham, ons vader, nie deur sy werke geregverdig toe hy Isak, sy seun op die altaar geoffer het nie?
Vers 22: Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
11 Petrus 3 Vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
(As u vandag tot sterwe kom, is u seker u gaan gered word? en sou God daar vir u vra: Waarom moet Ek jou in My hemel toelaat, wat sal u antwoord?
Mag die Here u seën, en mag u sterk word in die geloof sodat ons mekaar kan ontmoet by Jesus! ) Ten laaste wil ek u vra om hierdie skrif self te ondersoek, en moenie toelaat dat enigiemand u beinvloed nie.
Ek vra hiermee dat u u klein deeltjie moet doen, en dit is om aan al die mense in u e mail adres te vra om te gaan kyk na hierdie twee adresse:
https://thehiddenverses.blogspot.com vir Engelse mense
https://dieversteekteverse.blogspot.com vir Afrikaanse mense. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: https://wwwsearchblogspot.com (BLOG SEARCH ENGINE) en dan die boek. )

Sondag 19 Junie 2022

GAAN ONS HEMEL TOE OF BLY ONS OP DIE AARDE? DIE BYBEL IN ONDERWERPE.


Ons gaan eers 'n 1000 jaar op Aarde bly met Jesus se wederkoms. Daarna gaan ons na die nuwe Hemel en nuwe Aarde in die Hemel. GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY 440 ONDERWERPE. INDIEN U DIE HELE BOEK GRATIS OP U EMAIL WIL ONTVANG STUUR EMAIL NA smokebreakers@telkomsa.net
Sag 1 Vers 17: En die Here sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.
Sag 8 Vers 3: So sê die Here: Ek keer terug na Sion, en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die Here: Die Heilige berg.
Eseg 36 Vers 9: Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.
Joël 2 Vers 32: En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Maar ons ken nie Sy Naam nie! Sien: Die Naam van ons God) Want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees.
Psalm 46 Vers 11: Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
Psalm 47 Vers 3: Want die Here, (Jesus) die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde.
Vers 4: Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete:
Vers 7: Psalmsing tot eer van God, psalmsing tot eer van ons Koning!
Vers 8: Want God is Koning van die hele aarde;
Vers 9: God regeer oor die nasies; God sit op Sy Heilige troon.
Psalm 2 Vers 1: Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
Vers 2: Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen Sy gesalfde en sê:
Vers 3: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
Vers 4: Hy wat in die hemel woon, lag. Die Here spot met hulle.
Vers 5: Dan sal Hy hulle aanspreek in Sy toorn, in Sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik.
Vers 6: En Hy het My as koning gesalf oor Sion, My Heilige berg.
Vers 7: Ek wil vertel van die besluit: Die Here (God) het aan My (Jesus) gesê: U is My Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Vers 8: Eis van my, en Ek wil nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U besitting.
Vers 9: U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Vers 10: Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
Vers 11: Dien die Here met vrees, en juig met bewing.
Vers 12: Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan Sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.
Efe 6 Vers 8: Omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.
Vers 9: Omdat julle weet dat by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
Psalm 58 Vers 12: En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel.
Psalm 69 Vers 36: Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
Vers 37: En die nagaslag van Sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van Sy Naam sal daarin woon.
Jes 26 Vers 9: Want as U oordele op die aarde is, leer die inwoners van die aarde geregtigheid.
Psalm 37 Vers 9: Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.
Vers 11: Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. (1000 jaar van vrede nadat Jesus weer kom)
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Vers 34: Wag op die Here en hou Sy weg, en Hy sal jou verhoog om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
Eseg 20 Vers 35: En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig.
Vers 36: Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here Here.
Vers 37: En Ek sal julle onder die herdersstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.
Vers 38: En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree. Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.
Vers 40: Want op My Heilige berg, op die verhewe berg van Israel, daar sal die huis van Israel, hulle almal, My dien in die land. Daar sal Ek ‘n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes. (Offerhandes sal weer ingestel word)
Psalm 9 Vers 12: Psalmsing tot eer van die Here wat op Sion woon; verkondig onder die volke Sy dade.
Psalm 10 Vers 16: Die Here is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit Sy land.
Vers 18: Om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
Psalm 11 Vers 7: Die opregtes sal Sy Aangesig sien.
Psalm 48 Vers 2: Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God (Jerusalem), Sy Heilige berg!
Vers 3: Skoon deur Sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
Vers 4: God het Hom in Sy paleis bekend gemaak as ‘n rotsvesting.
Obadja 1 Vers 21: Dan sal die Koninkryk aan die Here behoort.
Openb 5 Vers 10: En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
Openb 11 Vers 15: Die koningkryke van die aarde behoort nou aan God en Jesus, en Jesus sal as Koning heers tot in ewigheid. (Op die aarde oor die aarde.)
Vers 18: Nou sal die tyd kom om die dode te oordeel, en om loon te gee aan Sy diensknegte, die profete, die heiliges, en aan die wat Sy Naam vrees, en om die verderwers van die aarde te verderf. (Die oorblywende antichriste gaan uitgeroei word.)
Psalm 132 Vers 13: Want die Here het Sion uitgekies, (Die land Israel) Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
Vers 14: Dit is My rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
Openb 20 Vers 2: En satan sal vir 1000 jaar toegesluit word.
Openb 19 Vers 6: Haleluja ! want die Here God, die Almagtige, het die Koningskap aanvaar. (Deur Sy Seun Jesus.)
Openb 20 Vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee, en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hul voorhoof en op hul hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef, en as konings regeer saam met Christus, die duisend jaar lank.
Vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding. (Die wegraping) Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Vers 7: En wanneer die 1000 jaar voleindig is sal satan oopgesluit word.
Vers 8: Die nasies sal verlei word en versamel word om oorlog te voer teen die Heilige stad van Jerusalem, en hulle getal sal wees soos die sand van die see.
Vers 9: En hulle sal opkom oor die breedte van die aarde en die Heilige stad omsingel. En vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verbrand.
Psalm 67 Vers 4: Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
Vers 5: Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei.
Vers 8: God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
Psalm 68 Vers 17: Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir Sy woning? ja, die Here sal daar woon tot in ewigheid.
Psalm 68 Vers 30: Ter wille van U tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring. (Sien: Die nuwe tempel vir Jesus in inhoud.)
Vers 32: Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.
Psalm 76 Vers 12: Doen geloftes en betaal die aan die Here julle God! laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die vreeslike,
Sag 9 Vers 10: En Sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.
Eseg 20 Vers 33: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek sal gewis, met ‘n sterke hand en met ‘n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
Vers 34: En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.
Jes 2 Vers 2: En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here (Israeliete. Dit is die berg Sion wat God van praat.) vasstaan op die top van die berge (al die ander groot nasies) en verhewe wees bo al die heuwels (kleiner nasies), en al die nasies sal daarheen toestroom.
Vers 3: En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.
Jes 2 Vers 4: En Hy (Jesus) sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Jes 4 Vers 5: Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor Sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.
Sag 2 Vers 10: Ek kom om in jou midde te woon, o dogter van Sion!
Vers 12: En die Here sal besit neem van Juda as Sy erfdeel, op die Heilige grond, en Jerusalem weer verkies.
Psalm 78 Vers 68: Maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.
Psalm 87 Vers 2: Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
Vers 5: En van Sion sal gesê word: Die Allerhoogste hou dit in stand.
Sag 14 Vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; (Die helfte wat nie Moslems is nie) maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
Vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog.
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant.
Vers 5: Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! (Die wat weggeraap is sal weer terugkom.)
Vers 6: En op die dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees, maar teen die aand sal dit lig word.
Vers 9: En die Here sal Koning wees oor die hele aarde.
Vers 11: En Jerusalem sal in veiligheid woon.
Eseg 39 Vers 27: En Ek sal My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
Vers 29: En Ek sal My Aangesig vir hulle nie meer verberg nie.
Jes 50 Vers 23; En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die Here van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
Openb 1 Vers 5: En van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die owerste oor die konings van die aarde! aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed.
Openb 15 Vers 4: Wie sal U nie vrees nie, Here, en U Naam nie verheerlik nie? want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid omdat U regverdige dade openbaar geword het.
Eseg 43 Vers 2: En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van Sy heerlikheid.
Vers 3: En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier. (Met hemelse vliegtuie. Sien hemelse voertuie in inhoud.)
Vers 4: En die heerlikheid van die Here het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
Vers 7: En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van My troon en die plek van My voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal My Heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood.
Vers 9: Nou sal hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder, en Ek sal vir ewig onder hulle woon. (In Israel, met Sy wederkoms. Nou begin die 1000 jaar van vrede.)
(Na die 1000 jaar van vrede gaan ons na 'n nuwe planeet waar daar nie 'n see is nie, dan begin die ewigheid.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )