Voorspelling oor die val van Babel (Irak, Iran?)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 13 Vers 15: Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.
Vers 16: En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder, en hul vroue onteer.
Vers 17: Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.
Vers 18: Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.
Vers 19: So dan sal Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
Vers 20: Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herder sal hul vee daar laat lê en rus nie. (Atoom bestraling?)
Vers 21: Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees, en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.
Vers 22: En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
Jes 14 Vers 2: En Israel sal die volke neem, en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die Here as besitting vererwe, as slawe en slavinne; en hulle sal die gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en hulle sal oor hul drywers heers. (Slawerny sal weer ingestel word, vreemdelinge sal die skape oppas en die druiwe plant en bewerk.)
Jes 21 Vers 9: En kyk, daar kom ‘n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.
Vers 10: O my vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die Here van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.
Jes 47 Vers 3: Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word! Ek sal wraak neem en geen mens verskoon nie. (Egipte en die swart nasies sal weggevoer word kaal aan die agterkant.)
Vers 5: Sit doodstil, en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs! want jy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.
Vers 8: Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit is ek en niemand anders nie! ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie.
Vers 9: Hierdie twee dinge sal dan in ‘n oomblik, op een dag, oor jou kom: Kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval, ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die veelheid van jou besweringe.
Vers 10: En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit en niemand anders nie.
Vers 11: Daarom oorval ‘n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en ‘n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou ‘n verwoesting sonder dat jy dit weet.
Jes 47 Vers 12: Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af, miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!
Vers 13: Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog optree en jou red - die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
Vers 14: Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie.
Jer 50 Vers 1: Die woord oor Babel, oor die land van die Chaldeërs.
Vers 3: Want ‘n volk trek teen hom op uit die noorde; dit sal sy land ‘n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.
Vers 4: In die dae en in die tyd, spreek die Here, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die Here hulle God soek.
Vers 5: Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hul aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die Here aansluit in ‘n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Vers 8: Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!
Vers 9: Want kyk, ek verwek en laat teen Babel optrek ‘n menigte van groot nasies uit die noordland; die sal hulle teen hom opstel - daarvandaan sal hy ingeneem word;
Vers 12: Kyk, sy is die agterste van die nasies, ‘n woestyn, ‘n dor land en ‘n wildernis.
Vers 13: Weens die toorn van die Here sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al ‘n wildernis wees;
Vers 14: Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! beskiet hom, spaar die pyle nie! want hy het teen die Here gesondig.
Vers 16: Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaard elkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!
Vers 17: Israel is ‘n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste, het Nebukadnesar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.
Vers 19: En Ek sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en die gebergte van Efraim en in Gillead.
Vers 20: In die dae en in die tyd, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
Vers 2 1: Teen die land Merataim, trek daarteen op, en teen die inwoners van Pekod! Verwoes, en tref met die banvloek agter hulle, spreek die Here, en doen net soos Ek jou beveel het.
Vers 23: Hoe is die hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! hoe het Babel geword ‘n voorwerp van verbasing onder die nasies!
Vers 24: Jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die Here in die stryd begeef het.
Vers 29: Roep teen Babel skutters op, slaan laer op rondom hom, laat daar geen ontkoming wees nie! vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die Here.
Vers 32: Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en ek sal ‘n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.
Jer 50 Vers 33: Die kinders van Israel en Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.
Vers 38: Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! want dit is ‘n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
Vers 39: ‘n Mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.
Vers 41: Kyk, daar kom ‘n volk uit die noorde, en ‘n groot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
Vers 42: Hulle is wreed en sonder barmhartigheid.
Klaagl 2 Vers 20: Aanskou, Here, en merk op aan wie u so gedoen het! moet vroue dan hul vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? moet dan in die heiligdom van die Here priester en profeet gedood word?
Jer 51 Vers 2: En Ek sal vir Babel wanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leeg skud; want hulle lê rondom hom op die dag van onheil.
Vers 3: En spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek.
Vers 6: Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here; Hy gee hom sy verdiende loon.
Vers 11: Die Here het die gees van die konings van Medië opgewek; want Sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes; want dit is die wraak van die Here.
Vers 13: Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is, jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word.
Vers 14: Al het ek jou vol mense gemaak soos sprinkane.
Vers 19: Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die formeerder van alles, en Israel is die stam van Sy erfenis;
Vers 20: Jy is vir My ‘n hamer en oorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies; en met jou verwoes Ek koninkryke. (Met die 12 stamme van Israel, versprei oor die Aarde, bv Amerika, Engeland, ens. Kyk op jou tv - almal wat soos ons lyk, en daar is baie lande!)
Vers 24: Maar Ek sal voor jou oë aan Babel en aan al die inwoners van Chaldea vergelde al hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het.
Vers 26: En hulle sal uit jou (uit Babel) geen klip neem vir ‘n hoek of ‘n klip vir fondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees. (Bestraling)
Vers 28: Heilig nasies teen hom, die konings van Medië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan.
Vers 31: Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Babel bekend te maak dat sy stad van alle kante ingeneem is.
Vers 32: En dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.
Vers 35: Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en verminking wat my aangedoen is, is op Babel! en laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chaldea!
Vers 36: Daarom, so sê die Here: Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
Vers 39: As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate kan word en ‘n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die Here.
Jer 51 Vers 42: Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.
Vers 43: Sy stede het ‘n woesteny geword, ‘n dor land en ‘n wildernis. ‘n Land waar niemand in woon nie; en waar geen mensekind deurtrek nie.
Vers 45: Gaan uit hom uit, My volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die Here.
Vers 46: En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land gehoor word nie, as daar ‘n tyding kom in die een jaar, en daarna ‘n tyding in die ander jaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.
Vers 48: Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek die Here.
Vers 50: Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan die Here uit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!
Jer 51 Vers 51: Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek; want vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die Here.
Vers 57: En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, goewerneurs en owerstes en helde dronk maak; en hulle sal slaap ‘n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se naam is Here van die leërskare.
Vers 63: En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ‘n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi.
Vers 64: En sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring;
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking